Pangebraaide vis met drie groentes/ Pan-fried fish with three veggies

Vis is ’n wonderlike vorm van proteïen – dis nie net gesond nie, maar ook maklik en vinnig om voor te berei. En tog is mense soms huiwerig om dit self gaar te maak. Geroosterde of gebraaide vis word dikwels in ’n degie voorberei, maar dan ongelukkig ook in diepvet gebraai. Hier gebruik ek dieselfde beginsel, om repies vis in ’n gegeurde meelmengsel te doop, maar dan word dit in net ’n dun lagie olie in ’n pan gebraai tot dit gaar, maar steeds sappig is. Die buitenste korsie is dus bros en geurig, maar daar is heelwat minder olie ter sprake. Om ’n vinnige gesinsete te kan voorsit, word die groente sommer in dieselfde pan gebraai.
Fish is such an amazing source of protein. It’s a healthy option and really quick and easy to prepare. And yet, many people are hesitant to cook fish at home. Grilled or pan-fried fish is often done in a batter or even deep-fried, which is definitely less healthy and not the only option for an easy meal. In this recipe, the fish is coated in a seasoned flour mixture and then pan-fried in a thin layer of oil, until golden and crispy, but still juicy and tasty. Fish overcooks easy, so just follow the steps below. To prepare a quick family supper, the veggies are pan-fried in the same pan – so less dishes too.
Resep (Afrikaans)
Pangebraaide vis met drie groentes
Resep uit Kos is op die tafel!
Lewer 4 – 6 porsies
Bestanddele
750 g-1 kg vars stokvis- of ferm lynvisfilette, bv geelstert of Dorado
100 ml koekmeel
25 ml (5 t) cajun-speserymengsel of enige kruiemengsel van jou keuse
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
60-75 ml (4-5 e) olyf- of avokado-olie
150-200 g dun groenboontjies
125-250 g sampioene, in kwarte gesny
200 g kersietamaties, gehalveer of in kwarte gesny, afhangend van die grootte
nog 5-10 ml (1-2 t) cajun-speserymengsel of kruiemengsel
suurlemoen- of lemmetjiewiggies om mee voor te sit
Metode
- Sny die vis in 2-3 dik repe per persoon. (Kleiner porsies braai makliker.) Meng die meel, spesery- of kruiemengsel, ‘n knippie sout en peper na smaak, in ’n vlak mengbak of op ’n groot bord.
- Doop ’n stukkie kombuispapier in sowat 20 ml van die olie en verf elke stukkie vis alkante daarmee. Rol die visrepe in die meelmengsel tot dit heeltemal bedek is. Skud die oortollige meel af en plaas op ’n skoon bord.
- Verhit intussen ’n dun lagie van die orige olie oor matige hitte in ’n groot braaipan. Braai helfte van die vis, velkant eerste, tot goudbruin en halfpad gaar. Die vis word ’n soliede wit kleur soos dit gaar word.
- Draai versigtig om en braai aan die ander kant tot goudbruin en net gaar. Moenie te lank braai nie, dan word dit droog. Skep die vis uit en hou eenkant warm. Herhaal met die orige vis en nog olie indien nodig.
- Vee die braaipan versigtig met kombuispapier skoon en plaas die boontjies met ‘n bietjie ekstra olie in die pan. Soteer oor ’n matige hitte vir ’n paar minute, sit die deksel op en stoom die boontjies 1-2 minute liggies.
- Voeg die sampioene by en soteer verder tot dit net sag is. Roer die tamaties by en soteer vir ’n paar minute tot net deur warm, maar voor die skilletjies afkom of die tamaties pap is.
- Geur groente met die ekstra spesery- of kruiemengsel, sout en peper. Sit repe vis en groente met kapokaartappels of aartappelwiggies voor met die sitruswiggies en skep enige pansouse oor. ’n Doopsous, soos ’n tuisgemaakte tartaresous sal heerlik wees saam met die vis. (Sien wenk hier onder.)
Wenk
- Tuisgemaakte tartaresous: Meng die volgende bestanddele saam: 60 ml (¼ k) ongegeurde jogurt; 125 ml (½ k) mayonnaise (verkieslik ook tuisgemaak); 1 medium-grootte wortel, fyngerasper; 2 agurkies, gekap; 15 ml (1 e) gekapte Italiaanse pietersielie en 1 sprietui, gekap. Geur na smaak met suurlemoensap en peper.
Recipe (English)
Pan-fried fish with three veggies
Resep uit Kos is op die tafel!
Lewer 4 – 6 porsies
Ingredients
750 g-1 kg fresh hake or other firm line fish fillets, like yellowtail or dorado
100 ml cake flour
25 ml (5 tsp) Cajun spice mixture or any dried herb mixture of your choice
salt and pepper to taste
60-75 ml (4-5 tbsp) olive oil
150-200 g thin green beans
125-250 g mushrooms, quartered
200 g cherry tomatoes, halved or quartered, depending on the size
another 5-10 ml (1-2 tsp) Cajun spice mix or herb mixture
lemon or lime wedges for serving
Method
- Slice fish into 2-3 thick strips per person. The smaller pieces are easier to fry. Mix flour, spice or herb mixture, with a pinch of salt and some pepper together in a shallow bowl or on a large plate.
- Dip a piece of paper towel into about 20 ml of the oil and pat each strip of fish with oil on all sides. Roll fish in the flour mixture until completely coated. Shake off any excess flour and place fish on a clean plate.
- Meanwhile, heat a thin layer of oil over a medium temperature in a large frying pan. Pan-fry half of the fish, skin side first, until golden brown and almost cooked. The fish will turn to a solid white as it cooks.
- Carefully turn fish over and fry on the other side until golden brown and cooked. Take care not to overcook the fish, as it will dry out very quickly. Spoon fish out and keep warm. Repeat with the rest of the fish and oil.
- Wipe any excess oil or flour from the pan with paper towel. Add beans with a little extra oil to the pan and sauté over medium heat for a few minutes. Cover with the lid and lightly steam beans for 1-2 minutes.
- Add mushrooms to the pan and sauté for another few minutes. Stir in the tomatoes and sauté until heated through, but just before the skins start to burst open or the tomatoes become too soft.
- Season veggies with extra spice or herb mixture, salt and pepper. Serve fish and veggies with a starch of your choice, like oven-roasted potato or sweet potato wedges or mash and the lemon or lime wedges. Any pan juices from the veggies can be poured over. A dipping sauce like a homemade tartare sauce will be delicious with the fish. (See tip below.)
Tip
- Homemade tartare sauce: Mix together, 60 ml (¼ cup) plain yoghurt; 125 ml (½ cup) mayonnaise (preferably homemade); 1 medium carrot, finely grated; 2 gherkins, chopped; 15 ml (1 tbsp) chopped Italian parsley and 1 spring onion, chopped. Season to taste with lemon juice and pepper.

Baie dankie, heerlik en gesond