by Heleen Meyer | Oct 3, 2025 | Mains, Meat
Niemand gaan skeef kyk as jy so bietjie moet slurp aan die heerlike noedels nie, dis immers hoe dit geëet word. Die geurige bakkies aftreksel met bestanddele in die vloeistof, kom oorspronklik uit China, maar die Japanese het dit gewild gemaak. Maak die resep sommer baie binnekort!
by Heleen Meyer | Nov 16, 2018 | Light meals, Light vegetarian
Die einde van die jaar is om die draai en daarmee saam, word die dae warmer. Ligter etes met somerslaaibestanddele en vars produkte is nou ook meer gereeld op ons tafels. Daar is soveel om van te kies en omdat seisonale vars goed so geurig is en dikwels mekaar se geure op jou bord komplimenteer, hoef jy nie veel daarmee te doen, om lekker te kan eet nie. Om solank ’n paar idees vir die vakansietyd bymekaar te maak, kan ook nie skade doen nie.
by Heleen Meyer | May 4, 2018 | Sides & salads, Starchy side
Het jy ook met pap as ’n stysel vir etes grootgeword? Veral met braaivleis of wors en sous? Ek is dol daaroor, maar ander kan glad nie verstaan dat ’n mens hieroor opgewonde kan raak nie. Daar is ook verskillende maniere waarop liefhebbers daarvan hou – fyn krummels, loperig, in groot, sagte klonte of dan soos hier in ’n paptert-styl gebak.
by Heleen Meyer | Mar 28, 2018 | Breakfast, Light meals
Hoe sit jy graag MIELIEKOEKIES voor? As bygereg of het jy dit al vir ’n laat-ontbyt gemaak? Probeer beslis hierdie weergawe met spek en tamaties.
by Heleen Meyer | Feb 23, 2018 | Breakfast, Light meals
Roereier is seker een van die eenvoudigste en vinnigste etes om voor te berei. Sit jy nou boonop ’n paar lekker bestanddele by, dan het jy in ’n japtrap ’n ete wat menige se monde sal laat water. Eier is een van daardie kossoorte wat met ’n lang lys van ander bestanddele gekombineer kan word en elke keer ’n ander geurigheid na vore bring.