Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Mieliekoekies / Sweetcorn fritters

Mar 28, 2018 | Breakfast, Light meals

Sweetcorn fritters are one of those quick and easy things to prepare, whether it’s for a delicious breakfast or brunch, as a side dish or snack. And yes, they are perfect for a lunchbox. The wholewheat flour in this recipe adds a lovely nuttiness to the mixture and the twist of ground mixed spice and fresh thyme may seems strange, but it’s really delicious. If you don’t feel like adding these seasonings, just omit it, as the fritters will still be tasty – but do give it a try!

Mieliekoekies is altyd gewild en dit kan op soveel maniere voorgesit word. Dis perfek vir ’n spesiale ontbyt of laat-ontbyt en baie mense is lief daarvoor as ’n heerlike bygereg. Maak sommer vir aandete ’n groot hoeveelheid, sodat daar vir ontbyt ’n paar gereed is of dalk vir ’n kosblik of ander ligte ete. Mieliekoekies is ’n maklike gereg om te maak en die manier waarop dit gegeur word, kan sonder veel moeite afgewissel word. Deur byvoorbeeld volkoringmeel te gebruik, kry die mieliekoekies ’n heerlike tekstuur. Ek gebruik graag steengemaalde meel, omdat dit soveel meer voedingswaarde bevat. Vars kruie, gekapte sprietuie of selfs ’n bietjie fyngerasperde harde kaas, soos pecorino, gee ’n mieliekoekiebeslag elke keer ’n ander geur. Vars tiemie, origanum of Italiaanse pietersielie is ideaal en kan afgewissel word na gelang van die manier waarop of die ander geregte waarmee dit voorgesit gaan word.

Hou dit gesond
Die mieliekoekies is ’n lekker alternatief vir brood by ’n ontbyt of ander ete en natuurlik perfek vir kosblikke. Vir die ontbyt maak ek die koekies graag lekker groot, maar vir ’n kosblik kan jy natuurlik ’n paar kleineres maak. Onthou om met elke ete, selfs vir ’n ontbyt of laat-ontbyt met ’n langnaweek of spesiale ete, die maaltyd gebalanseerd te hou. Kombineer bestanddele uit verskillende voedselgroepe om jou bord kleurvol te hou en seker te maak dat die ete voedsaam is. Dit bly van die belangrike beginsels van ’n gesonde manier van kook en eet. Om iets soos mieliekoekies self te maak, in plaas daarvan om nog ’n klaargemaakte produk op die tafel te sit, is regtig nie moeilik nie en beslis die beter keuse. Op die manier weet jy wat in jul etes ingesluit is en kan jy selfs verseker dat daar nog meer voedingswaarde is. Vir iets soos die suikermielies of heelpitmielies vir die resep, is dit waardevol om blikkies te kies met so min as moontlik bygevoegde suiker, sout en ander preserveermiddels.

Resep (Afrikaans)

Mieliekoekies

Resep aangepas uit Cooking from the heart
Lewer ongeveer 12 groot of 24 klein koekies

Bestanddele

½ x 410 g blik heelpit mielies, gedreineer

1 x 410 g blik geroomde suikermielies

250 ml (1 k) volkoringmeel, verkieslik steengemaal

2,5 ml (½ t) bakpoeier

1 groot eier, geklits

125 ml (½ k) melk

5 ml (1 t) gemaalde gemengde speserye

30 ml (2 e) vars tiemieblare

olyfolie om mee te braai

Metode
  1. Meng al die bestanddele, behalwe die olie, in ’n groot mengbak saam om ’n beslag te vorm.
  2. Verhit ’n dun lagie olie oor matige hitte in ’n braaipan. Skep ongeveer 60 ml (¼ k) van die mengsel in die pan om groot mieliekoekies te vorm. Of gebruik ongeveer 30 ml (2 e) vir kleiner mieliekoekies.
  3. Braai aan albei kante tot goudbruin en gaar. Herhaal met die res van die olie en die beslag. Dreineer op kombuispapier indien nodig en hou warm. Moenie die pan te warm maak nie, want dan kan die mieliekoekies maklik brand.
  4. Sit die mieliekoekies vir ontbyt, ’n laat-ontbyt of selfs ’n ligte ete, met spek en pangebraaide tamaties en roketblare voor. Of geniet dit in enige van die voorgestelde maniere soos hier bo genoem.

Wenk

  1. Gekapte sprietuie of grasuie sal heerlik wees in die mieliekoekiebeslag.

Recipe (English)

Sweetcorn fritters

Recipe adapted from Cooking from the heart
Makes 12 large or 24 small fritters

Ingredients

½ x 410 g tin whole kernel corn, drained

1 x 410 g tin cream-style sweetcorn

250 ml (1 cup) wholewheat flour, preferably stoneground

2,5 ml (½ tsp) baking powder

1 large egg, beaten

125 ml (½ cup) milk

5 ml (1 tsp) ground mixed spice

30 ml (2 tbsp) fresh thyme leaves

olive oil for frying

Method

  1. Mix all the ingredients, except the oil, together in a large bowl to form a batter.
  2. Heat a thin layer of oil over a medium temperature in a large frying pan. Spoon about 60 ml (¼ cup) of the batter into the pan, to fry large fritters. Or use about 30 ml (2 tbsp) batter for smaller fritters.
  3. Fry on both sides until golden brown and cooked through. Keep them warm and repeat with the remaining oil and batter. Take care that the pan does not become too hot, otherwise the fritters will burn.
  4. Serve fritters for breakfast, brunch or a light meal with bacon, pan-fried tomatoes and rocket or enjoy in any of the suggested ways above.

Tip

  1. Chopped spring onions or chives will be delicious in the sweetcorn fritter batter.
error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest

Share This