Bobotie muffins

Bobotie muffins

Remember that lunch boxes are not only for the kids and if you need something to keep everyone full throughout the day, these bobotie muffins are just the answer. Pack them with some lightly cooked green beans or broccoli and fresh fruit or salad ingredients… lunch is sorted, and anything but boring!

Somer-tortillas met steak & slaai

Somer-tortillas met steak & slaai

Welkom in 2018! Mag dit ’n baie spesiale jaar met vele wonderlike etes aan jul tafel wees. Hier is ’n lekker somer-resep om die jaar mee af te skop. Dalk is julle nog met vakansie of het nog kans vir ’n rustige piekniek of kuier met familie en vriende voor die jaar begin spoed optel. Vir die nuwe jaar, kry Kosblik so ’n effense ander aanslag. Dit word nou In & Uit Kosblik genoem, so ons gaan oor nog meer resepte en idees gesels om jou en jou gesin aan te moedig en te help om ’n gesonde leefstyl maklik en opwindend te maak.

Klein lensieburgers

Klein lensieburgers

Laat jou kinders die vakansie in die kombuis help – dit kan groot pret wees. Dié lensieburgers is maklik om te maak en elkeen kan sy eie burger saamstel soos hulle daarvan hou. Maak dit ’n ete op ’n stoep of om die swembad, of wat van padkos of ’n piekniek?
Kinders wat in die kombuis help, is dikwels meer geneig om te proe aan dit waarmee hulle gehelp het. Maak dit vir hulle opwindend om in die kombuis te wees, dit maak sommer jou werk ook ligter.

Omelet-rolletjies met twee vulsels

Omelet-rolletjies met twee vulsels

Leef gesond: vir party mense is dit net eenvoudig ’n makliker ding om reg te kry as vir ander. Dalk is dit te danke aan die manier waarop jy groot geword het en hoe julle by die huis geëet het. Soms is mense net so gedissiplineerd, dat hulle kan hou by die besluit om gesonder te leef. Vir ander was daar dalk ’n spesifieke rede wat hul net laat besluit: ‘dis tyd om gesonder te leef en eet’ of dalk het jou dokter jou aangespreek en nou is dit jou nuwe manier van doen.

Karringmelkbrood

Karringmelkbrood

Tuisgebakte brood bly ‘n smullekker bederf en as jy nie ‘n geoefende gis-bakker is nie, is hierdie brood ideaal om met ‘n volgende braaivleis-ete te maak.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest