by Heleen Meyer | May 30, 2019 | Baking, Chocolate, Desserts, sweet treats & baking
Sjokolade en speserye saam? Ja, beslis en veral as jy van Meksikaanse kos hou. Diepgebraaide churros met sjokoladesous is ’n bekende nagereg. Die deeg is byna soos ’n choux-deeg en word met ’n spuitsak in diepolie gespuit en so gebraai. Hierdie is my vinnige weergawe met ’n soortgelyke idee – net heelwat minder moeite.
by Heleen Meyer | Mar 8, 2018 | Accompaniments, Extras
Sampioene gee aan ’n gereg ’n baie unieke en interessante geur, veral as dit eers gaargemaak word om daardie bekende neuterige smaak te beklemtoon. Hierdie vinnige sampioenpatee kan op soveel lekker maniere gebruik word – van ’n doopsous met groenterepies, smeersel vir ’n gourmet-toebroodjie tot ’n sous op ’n stukkie steak.