Botterkorsie-&-rooi uiequiche
Hierdie kors het ’n effens ander tekstuur as ’n tipiese broskors, maar is makliker om te hanteer, want dit hoef nie uitgerol te word nie.
Hierdie kors het ’n effens ander tekstuur as ’n tipiese broskors, maar is makliker om te hanteer, want dit hoef nie uitgerol te word nie.
Kyk net al die K’s: komyn, ’n tikkie kaneel, koljanderblare, kruisement en koeskoes – wat ’n wonderlike kombinasie. Die Marokkaanse geure is perfek saam met die andersins neutrale smaak van koeskoes en dis so ’n maklike bygereg om te maak. Dit kan net so met geroosterde vis, hoender of vleis voorgesit word en koeskoes kan ook ’n souserige gereg heerlik absorbeer.
In dié resep word ui en botterskorsie met my gunsteling-spesery, komyn, in die oond gerooster en dan met geroosterde amandels en vars kruie gebruik om die koeskoes te geur. Kruisement- en koljanderblare is perfekte pasmaats vir die speserye en ander bestanddele. Die verskillende bestanddele gee die bygereg ook ’n interessante tekstuur. Hierdie weergawe kan maklik vooraf berei word, maar voeg die kruie en amandels by net voor dit voorgesit word.
Die kleurvolle pastei met ’n meer Mediterreense gevoel as ’n tradisionele hoenderpastei, lyk feestelik op ‘n tafel en lok altyd baie komplimente uit. Die geroosterde groente en hoender is heerlik saam met die pesto en suurroom. Die gereg is perfek vir ’n ligte maaltyd of aandete met ’n groen slaai en selfs indrukwekkend genoeg om vriende mee te onthaal.
Botterskorsie is een van my gunsteling-groentes. In hierdie feestelike slaai dien dit beide as groente en stysel. Die geroosterde botterskorsie en beet en is absoluut heerlik saam met die bokmelkkaas en dukkah.
In die feestyd is dit altyd lekker om ’n resep of twee te hê wat moeiteloos is om voor te berei en op verskillende maniere voorgesit kan word. Almal wil lekker eet, maar nie noodwendig ure in die kombuis moet spandeer nie. Dié geurige geroosterde botterskorsie met kekerertjies en bone is ’n ideale resep vir die vakansie.