Botterskorsie-&-bokmelkkaas-slaai/Butternut & goats’ cheese salad

Botterskorsie is een van my gunsteling-groentes. Die lys van redes is lank, maar die veelsydigheid en natuurlike soet smaak staan heel bo aan. In hierdie feestelike slaai dien dit beide as groente en stysel en is heerlik saam met braaivleis, hoender, vis of vark. Bokmelk het ’n effens suur smaak wat net die regte balans het saam met die soet smaak van die geroosterde botterskorsie en beet. Ek geniet die slaai met die drie B’s (botterskorsie, beet en bokmelkkaas) as ’n voorgereg en dis perfekte bykos vir ‘n spesiale ete. Die slaaisous kan jy vir amper enige ander slaai gebruik, so maak dit sommer dubbeld.
Goats’ milk has a slightly tangy flavour which is perfect with the sweetness of the roasted butternut and beetroot. You can enjoy this salad as a starter and it’s also delicious as a side dish for a special meal. The salad dressing can be used on any salad, so make double and keep it in the fridge.
Resep (Afrikaans)
Resep aangepas uit Maak vyf/Make five
Lewer 4 – 6 porsies
Slaaisous
100 ml olyf- of avokado-olie
45 ml (3 e) balsamiese asyn
sap van 1 lemoen
15 ml (1 e) heuning
sout en peper
Slaai
500 g botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
500 g beet, geskil en in wiggies gesny
100-150 g gemengde vars slaaiblare met roket- en klein spinasie- of beetblare
2 sprietuie, in dun skyfies gesny
100 g bokmelkkaas, gekrummel
75 ml (5 e) dukkah (sien wenk)
1. Slaaisous: Meng al die bestanddele saam en geur na smaak.
2. Slaai: Voorverhit die oond tot 200 °C. Plaas botterskorsie en beet op ’n groot bakplaat en giet ’n derde van die slaaisous oor. Rooster vir 30-40 minute of tot gaar.
3. Sit slaaiblare op ’n groot slaaibord of op individuele slaaiborde en plaas botterskorsie en beet bo-op. Rond dit af met die sprietuie en kaas. VIr ‘n interessante effek, kan die elemente apart ook op die bed van slaaiblare voorgesit word, soos in die eerste foto. Of meng dit alles deurmekaar, soos op die foto onderaan die bladsy.
4. Sprinkel met dukkah en sit dadelik met die slaaisous voor. Dit is heerlik warm, maar net so perfek teen kamertemperatuur.
1. Gebruik feta, pecorino of ricottakaas in plaas van die bokmelkkaas.
2. Tuisgemaakte dukkah (ongeveer 250 ml): rooster 125 ml (½ k) grofgekapte, ongesoute neute bv. amandels of makadamianeute sonder enige olie, oor matige hitte, in ’n pan tot goudbruin. Voeg 125 ml (½ k) sesamsaad by en rooster tot goudbruin. Verwyder van die hitte en meng 2,5 ml (½ t) gemaalde kaneel en 1,2 ml (¼ t) gemaalde komyn by. Laat dit afkoel en stoor in ’n glasfles of lugdigte-houer.
3. Vervang die dukkah met gekapte neute van jou keuse of ’n mengsel van neute en sade bv. sesam- of sonneblomsaad.
4. ’n Lekker manier om ’n slaai op ’n warm somersdag vars te hou, is om ’n groot stuk botterpapier (greaseproof paper) op te frommel en onder die kraan papnat te maak. Druk die oortollige water uit en sit die papier direk op die slaai. Die papier sal uitdroog en die slaai vars hou. Jy kan dit weer natmaak as dit nodig is.
Recipe (English)
Butternut & goats’ cheese salad
Recipe from Maak vyf/Make five
Serves 4 – 6
Ingredients
Salad dressing
100 ml olive or avocado oil
45 ml (3 tbsp) balsamic vinegar
juice of 1 orange
15 ml (1 tbsp) honey
salt and pepper
Salad
500 g butternut, peeled and cut in cubes
500 g beetroot, peeled and cut in wedges
100-150 g mixed fresh salad leaves with rocket and small beetroot or spinach leaves
2 spring onions, thinly sliced
100 g goats’ cheese, crumbled
75 ml (5 tbsp) dukkah (click here for recipe)
Method
- Salad dressing: Mix all the ingredients together and season to taste.
- Salad: Preheat the oven to 200 °C. Place butternut and beetroot on a baking tray and pour a third of the salad dressing over. Roast for 30-40 minutes or until cooked.
- Arrange salad leaves on a large salad platter or individual plates. Place butternut and beetroot in separate sections on top and sprinkle the spring onions, cheese and dukkah over. Alternatively, arrange all the ingredients mixed together, as in the second image at the bottom of the page.
- Serve immediately with the salad dressing. The salad is delicious warm or at room temperature and ideal as a side dish.
Tips
- Use feta, Pecorino or ricotta cheese instead of the goats’ cheese.
- Substitute the dukkah with chopped nuts of your choice or a mixture of nuts and seeds, e.g. sesame and sunflower seeds.
- To keep salad delicious and fresh on a hot summer day, crumble up a large piece of greaseproof paper. Wet it under running water. Squeeze out the excess water and place it directly on top of the salad. The paper will dry out, but the salad won’t. If the paper dries out too much, wet it again.