by Heleen Meyer | Jun 22, 2018 | Baking, Extras
Tuisgebakte brood is nie net ’n lekker bederf nie, maar ook ’n heelwat gesonder opsie, want jy weet wat alles in die brood gebruik word. Winkelbrood voel dalk gerieflik, maar dit is dikwels van meer verfynde meel gemaak en hoog in bygevoegde sout of suiker. Sulke brood is dikwels minder vullend en voedsaam as ’n tuisgebakte brood. Die rysmiddel in die resep is bakpoeier, so dis nie nodig om iets te knie nie. As jy dalk skrikkerig is om ’n gisbrood te bak, is hierdie ’n maklike alternatief. Met ’n tuisgebakte brood kan jy selfs kleiner brode bak, om porsiebeheer makliker te maak.
by Heleen Meyer | Jun 15, 2018 | Mains, Meat
Die geurigheid van ’n winterbredie bring vir elkeen sy eie herinneringe en almal het hul gunsteling. Dalk is dit tamatiebredie, waterblommetjiebredie, of ’n bredie met kluitjies bo-op. Soveel groente is lekker in ’n bredie en verskillende snitte stowevleis kan gebruik word, solank dit net lank en stadig gaar word, tot dit sag en geurig is.
by Heleen Meyer | May 4, 2018 | Sides & salads, Starchy side
Het jy ook met pap as ’n stysel vir etes grootgeword? Veral met braaivleis of wors en sous? Ek is dol daaroor, maar ander kan glad nie verstaan dat ’n mens hieroor opgewonde kan raak nie. Daar is ook verskillende maniere waarop liefhebbers daarvan hou – fyn krummels, loperig, in groot, sagte klonte of dan soos hier in ’n paptert-styl gebak.
by Heleen Meyer | Mar 15, 2018 | Accompaniments, Extras
Appels, korrelmosterd, ’n bietjie asyn en siedaar – ’n baie lekker appel-compote wat op verskillende maniere gebruik kan word. Maak ’n flessie of twee vol en hou dit in jou yskas om ’n hamburger, varkworsie of stukkie steak in ’n japtrap op te kikker.