by Heleen Meyer | Nov 23, 2018 | Light meat, Light vegetarian, Savoury snacks
Die feestyd is om die draai en met elke funksie of kuier met familie, vriende en kollegas is daar altyd iets te ete. Dit maak my moedeloos as borde eetgoed uit net nog ’n diepgebraaide happie of nog iets in ’n degie van een of ander aard is. Dan lyk die tamaties of komkommer wat dikwels eintlik die garnering is, sommer ekstra lekker. So as dit my beurt is om eetgoed te maak, kies ek eerste iets wat ook uit vars bestanddele bestaan.
by Heleen Meyer | Nov 2, 2018 | Baking, Chocolate, Desserts, sweet treats & baking, Extras, Fruit, Savoury snacks, Sweet snacks
Mieliemeelmuffins, ’n knibbelhappie met appel, klapper en neute of dalk groentekebabs – dis alles peuselkos waarvan my kinders baie hou. As ek met lekker en gesonde peuselgoed hul eksamentyd so bietjie makliker kan maak, dan doen ek dit met liefde. ’n Mens voel mos dikwels lus vir iets om te eet as jy vir lang tye moet sit en swot. Die idees is natuurlik ook perfek vir die hele gesin se kosblikke en vir padkos.
by Heleen Meyer | Aug 24, 2018 | Cold dessert, Desserts, sweet treats & baking, Fruit, Sweet snacks
The crunchy, sweet taste of Pink Lady® Apples perfectly balances with the creamy yoghurt and flavour of the cinnamon. Shop-bought flavoured yoghurt is often high in sugar and hidden ingredients like preservatives, so flavouring your own yoghurt at home is much healthier. Rooibos tea and apples are a lovely combination and the naturally sweet flavour of Pink Lady® Apples in this recipe is out of this world!
by Heleen Meyer | Jul 13, 2018 | Desserts, sweet treats & baking, Kosblik 101 / Lunch boxes
Met meeste van die skole wat dié week vir die derde kwartaal heropen, is kosblik-pak van nuuts af op die agenda. Dié lekker muffins is propvol vesel en met die kombinasie van hawermout, appel, kaneel en amandels, iets wat almal sal geniet. Dit het ook niks meer nodig, soos kaas of konfyt, om mee voorgesit te word nie.
by Heleen Meyer | Jul 6, 2018 | Mains
otterskorsiesop is seker een van die bekendste sopresepte. Die manier waarop dit gemaak word, is ook ideaal vir ’n verskeidenheid van ander verpulpte groentesoppe. Blomkool is geen uitsondering nie en met die kombinasie van appels en komyn as geurmiddel, is dit baie interessant. Die sop is baie maklik om te maak en as jy dit dan met ’n geposjeerde eier en avokado voorsit, het jy ’n volledige en voedsame ete.