Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Italiaanse groente-gebak

Nov 12, 2021 | Light meals, Light vegetarian

Die groente in hierdie Italiaanse groente-gebak se geure is nog lekkerder as dit gerooster word en die vars kruie is perfek daarby. ’n Oondgeroosterde groentegereg word dikwels bestanddele gemaak wat dit onnodig ryk maak. Dit hoef nie ryk en romerig te wees, om lekker te wees nie. Die kleurvolle kombinasie in dié maklike bygereg is propvol geur en gesondheid.

 

Italiaanse groente-gebak

Resep

Italiaanse groente-gebak

Lewer 6 – 8 porsies

Bestanddele

1 x 410 g-blik gekapte tamaties

200 g kersietamaties, gehalveer

50 ml tamatiepasta

1 knoffelhuisie, gekneus

80 ml (⅓ k) fyngekapte vars kruie van jou keuse, bv. origanum en Italianse
pietersielie

sout en peper

1 medium eiervrug, in dun skyfies gesny

6 medium murgpampoentjies, diagonaal in lang skywe gesny

1 rooi soetrissie, ontpit en in repe gesny

1 ui, gehalveer en in dun wiggies gesny

45 ml (3 e) olyfolie

sap en fyngerasperde skil van 1 suurlemoen

100 ml gerasperde parmesaan- of pecorinokaas

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n groot oondbak liggies met olie.
  2. Meng al die tamaties, tamatiepasta, knoffel en die helfte van die kruie saam. Geur na smaak.
  3. Meng die orige groente in ’n aparte mengbak met die olyfolie, suurlemoensap en -skil en geur na smaak.
  4. Skep twee-derdes van die tamatiemengsel in die oondbak. Pak die groente in ’n eweredige laag bo-op.
  5. Skep die res van die tamatiemengsel bo-oor die groente. Meng die orige kruie met die kaas en sprinkel oor die tamatielaag.
  6. Bak vir 50-60 minute of tot goudbruin en gaar. Sit warm as ’n bykos met hoender, vis of vleis voor. Die groentegereg is selfs teen kamertemperatuur heerlik.

 

In September – November 2021 was hierdie Italiaanse groente-gebak deel van ’n artikel oor kos vir die lente in LiG Tydskrif.
Foto’s: Adel Ferreira Photography.
Foto-agtergronde: Heinstirred backgrounds.

 

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest

Share This