Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Aarbeislaai met basiliekruid/ Strawberry & basil salad

Mar 1, 2017 | Salad as a side, Sides & salads

Aarbeislaai met basiliekruid (Afrikaans)

Resep uit Maak vyf/ Make five
Lewer 4 – 6 porsies

Hierdie slaai is perfek vir enige somersete. Voeg ‘n bietjie hoender, avokado of neute by vir ‘n ligte ete. Steak, vis of hoender oor die kole is heerlik saam met hierdie soeter bykos.

Bestanddele

Croutons

2 ciabatta-rolletjies, in growwe stukke gebreek

30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie

2 knoffelhuisies, gekneus


Slaai

250 g aarbeie, in dik skywe gesny

’n handvol vars basiliekruidblare

’n handvol vars roketblare

½ komkommer, met ’n aartappelskilller in linte gesny

1 skyf fetakaas, gekrummel

30 ml (2 e) papawersaad

30 ml (2 e) basiliekruidpesto

45 ml (3 e) olyf- of avokado-olie

15 ml (1 e) appel- of vrugteasyn

sout en peper

Metode
  1. Croutons: Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Plaas brood, olie en knoffel in ’n groot mengbak en meng goed deur. Plaas in ’n enkellaag op die bakplaat en rooster vir 10-15 minute of tot goudbruin en bros. Laat dit afkoel.
  2. Slaai: Plaas die aarbeie, basiliekruid, roket en komkommer op ’n groot slaaibord en krummel feta bo-oor.
  3. Meng die res van die bestanddele vir ’n slaaisous en geur na smaak. Sit die slaai saam met die croutons en slaaisous voor.
Wenke
  1. Gebruik aarbeie en enige ander bessies, soos frambose en bloubessies. Waatlemoen is ook ‘n lekker alternatief vir die aarbeie. Gebruik gerus ook ander vrugte of groente, wat in seisoen is, in die slaai. Avokado, dun groenboontjies, of pere werk goed.
  2. Meng avokado, hoenderrepies, gepeperde makriel, salm of kekertjies by die slaai en geniet dit as ‘n ligte ete. Of vervang croutons met avokado vir ’n glutenvrye slaai.

Strawberry & basil salad (English)

Recipe from Make five/Maak vyf
Serves 4 – 6

This salad is the perfect accompaniment to any summer meal with fish, chicken or pork. Ostrich fillets or steak over the coals is delicious with this slightly sweet side dish and the basil and strawberries are truly refreshing. Add some chicken, avocado or nuts to transform this into a light meal.

Ingredients

Croutons

2 ciabatta rolls, torn into chunks

30 ml (2 tbsp) olive or avocado oil

2 cloves garlic, crushed

 

Salad

250 g strawberries, thickly sliced

handful fresh basil leaves

handful fresh rocket leaves

½ cucumber, cut into ribbons with a vegetable peeler

1 slice feta cheese, crumbled

30 ml (2 tbsp) poppy seeds

30 ml (2 tbsp) basil pesto

45 ml (3 tbsp) olive or avocado oil

15 ml (1 tbsp) apple or fruity vinegar

salt and pepper

Method

  1. Croutons: Preheat the oven to 180 °C. Line a baking tray with baking paper. Place bread, oil and garlic in a large mixing bowl and toss together to coat the bread. Place in a single layer on a baking tray and roast 10-15 minutes or until golden brown and crispy. Allow to cool.
  2. Salad: Place strawberries, basil, rocket and cucumber on a large salad platter. Crumble the feta over the salad.
  3. Mix the remaining ingredients to prepare a salad dressing and season to taste. Serve salad with the croutons and dressing.

Tips

  1. Use strawberries with a mixture of any other berries such as raspberries and blueberries. Watermelon is also delicious in this salad, instead of the strawberries. Avocado or fine green beans are fabulous, and pears are yummy in winter.
  2. Add avocado, strips of chicken, peppered mackerel, salmon or chickpeas to this salad and enjoy as a light meal. Or substitute the croutons with avocado for a gluten-free salad.

Photo credit: Neville Lockhart

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest

Share This