Plaatkoekies met spek, bessies & jogurt/ Flapjacks with bacon, berries & yoghurt

Plaatkoekies met spek, bessies & jogurt/ Flapjacks with bacon, berries & yoghurt

Dié plaatkoekieresep het ek jare gelede ontwikkel en dit bly ’n staatmaker. Ek het dit al soveel keer gemaak en dit bly ’n lekker bederf. Die karringmelk in die resep maak die plaatkoekies ekstra veerlig en ek sit glad nie suiker in die beslag nie, want die suurlemoenskil en vanielje gee dit ’n heerlike geur. Wat is jou gunsteling om op ’n plaatkoekie te eet?

Franse roosterbrood

Franse roosterbrood

Franse roosterbrood is ’n bekende ontbyt idee, maar dis ewe lekker as ligte ete en boonop kan jy byna enige iets as bolaag daarop eet. Hier is my resep vir dié gereg, met drie idees om dit mee voor te sit: pangebraaide sampioene met maaskaas en roket of kaas, tamatie en vars kruie. En as jy van ’n soeter smakie hou, is daar vars pere met heuning, kaneel en neute.

Vrugtepakkies met kaneel

Vrugtepakkies met kaneel

Ons Suid-Afrikaners is lief vir braai en iets soets daarby is somtyds lekker. Die vrugtepakkie-resep is perfek om te maak, want dit kan na die braaivleis vinnig op die rooster in foelie gemaak word. Kies self die vrugtekombinasie na die gelang van die seisoen en geur met die kaneel, heuning, suurlemoennsap en botter. Dit kan bedien word met ‘n skep ongegeurde jogurt of ‘n happie roomys. Die resep sal beslis almal beÏndruk en dis so maklik om te maak dat elkeen hul eie pakkie kan “bou”.

Heuning-&-hawermoutbrood

Heuning-&-hawermoutbrood

Tuisgebakte brood is nie net ’n lekker bederf nie, maar ook ’n heelwat gesonder opsie, want jy weet wat alles in die brood gebruik word. Winkelbrood voel dalk gerieflik, maar dit is dikwels van meer verfynde meel gemaak en hoog in bygevoegde sout of suiker. Sulke brood is dikwels minder vullend en voedsaam as ’n tuisgebakte brood. Die rysmiddel in die resep is bakpoeier, so dis nie nodig om iets te knie nie. As jy dalk skrikkerig is om ’n gisbrood te bak, is hierdie ’n maklike alternatief. Met ’n tuisgebakte brood kan jy selfs kleiner brode bak, om porsiebeheer makliker te maak.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest