Hoender-en-wortelkerrie

Hoender-en-wortelkerrie

Die wortels maak die gereg lekker kleurvol en is genoeg stysel vir die ete, so dit kan net so voorgesit word. As julle verkies, geniet dit saam met klein porsies bruinrys of bruin basmatirys.

Geroosterde wortelsop

Geroosterde wortelsop

Hierdie Geroosterde wortelsop is ’n maklike en vinnige sop met baie geur vir ’n lekker winters-ete. Die natuurlike soet smaak van wortels is ideaal saam met die ander groente.

Pangebraaide groente met eier

Pangebraaide groente met eier

Soteer groente soos sampioene, boontjies, murgpampoentjies en ertjies is blitsvinnig in ’n pan en geur dit met korrelmosterd en kruisement vir ’n spesiale ete. Die eier maak dit lekker vullend en dis ’n ete wat perfek is vir enige tyd van die dag.

Filo-hoenderpastei met groente

Filo-hoenderpastei met groente

Die kleurvolle pastei met ’n meer Mediterreense gevoel as ’n tradisionele hoenderpastei, lyk feestelik op ‘n tafel en lok altyd baie komplimente uit. Die geroosterde groente en hoender is heerlik saam met die pesto en suurroom. Die gereg is perfek vir ’n ligte maaltyd of aandete met ’n groen slaai en selfs indrukwekkend genoeg om vriende mee te onthaal.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest