by Heleen Meyer | Nov 16, 2022 | Breakfast, Light meals
Panbraai groente en sit dit met ‘n geposjeerde of gebakte eier op dik skywe vars of geroosterde brood voor. Skep lepelsvol geurige kaassous oor en rooster dit vir ekstra lekkerte onder ’n warm element – dis só lekker!
by Heleen Meyer | Feb 18, 2022 | Light meals, Light vegetarian
Shakshuka – dalk ken jy dit nie of het dit nog nooit voorheen gemaak nie, maar dié speserygegeurde tamatiesous met eiervrug en eiers is absoluut heerlik. Die sous is ’n bekende Midde-oosterse gereg en regtig veelsydig. Jy kan dit op soveel maniere geur en dis perfek vir enige ete van die dag. Beslis altyd ’n gunsteling!
by Heleen Meyer | Oct 26, 2018 | Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals, Light vegetarian, Salad as a meal, Salad as a side, Sides & salads, Vegetable side
Dukkah en kekerertjies met sappige appels, ’n paar kruieblare en saggekookte eiers is ’n lenteslaai uit die boonste rakke. Een van die lekkertes van hierdie tyd van die jaar, is dat daar wonderlike vars produkte is om mee kreatief te wees. Met net ’n paar bestanddele en ’n interessante geurmiddel kan jy met min moeite ’n ete gereed hê.
by Heleen Meyer | Sep 28, 2018 | Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals, Light vegetarian, Sides & salads, Vegetable side
’n Eenvoudige speserymengsel met ’n skeut suurlemoensap en olie is perfek om kekerertjies in ’n opwindende element te omskep. Die kekerertjies word in dié mengsel gerooster tot dit bros is en dan is dit sommer ekstra veelsydig. Vegetariese etes gebruik gereeld kekerertjies, aangesien dit ’n goeie bron van proteïen en koolhidrate is. Dit het ook die vermoë om ander geure wonderlik te absorbeer en juis daarom is die resep so ideaal.
by Heleen Meyer | Apr 13, 2018 | Breakfast, Light meals
Perfek vir ontbyt, ’n ligte aandete of middagete – die keuse is joune. Maak dié ratatouille met chorizo-worsies en bak vir elkeen ’n eier of twee in die warm sous. Die kombinasie van murgpampoentjies, eiervrug, soetrissie en tamatie met vars kruie en ’n skeut suurlemoensap is heerlik. Die paprikageure in die chorizo pas perfek hierby en gee die ratatouille ’n wonderlike smaak.