Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Spinasie-gereg met bone

Nov 13, 2017 | Sides & salads, Vegetable side

Met die regte kombinasie van bestanddele en ’n effektiewe gaarmaakmetode, kan jy ’n paar bekende en redelik basiese bestanddele, maklik in ‘n feesmaal omskep. Botterbone, tamaties en spinasie kry ’n nuwe geurejas as dit so bietjie gesoteer word en ’n balsamiese geur bykry. Hierdie resep, word botterbone deel van ’n baie geurige mengsel groente, wat ’n heerlike bygereg is. Dit kan ook ’n baie lekker ligte, vegetariese maaltyd wees en is dus ideaal ook vir ’n kosblik. Deur die soetrissies en tamaties eers so bietjie in olyfolie of avokado-olie te sorteer, bring dit die natuurlike soet smaak van die twee groentes na vore. (‘n Suurlemoengegeurde avokado-olie sal is besonder lekker vir hierdie resep. Beide die tamaties en soetrissie stoot oor ’n matige hitte ’n bietjie vog uit, wat saam met die olie en balsamiese asyn ’n ideale sousie vir die gereg vorm. Bone het die vermoë om so ’n sousie te absorbeer en op die manier gegeur word. Die warm pansous is ook ideaal om die spinasieblare so bietjie sagter te maak, sonder dat dit sal pap word en die gereg het dus nie ’n slaaisous nodig nie.

Resep
Spinasie-gereg met bone
Lewer 4 – 6 porsies
Bestanddele

30 ml (2 e) avokado- of olyfolie

1 rooi soetrissie, in repies gesny

200 g kersietamaties, gehalveer

1 x 410 g-blik botterbone, gedreineer

45 ml (3 e) balsamiese asyn

6-8 spinasieblare, in repies gesny of 80-100 g baba-spinasieblare

sout en swartpeper na smaak

1 skyf fetakaas, gekrummel

30 ml (2 e) pampoensaad

1-2 ekstra-groot eiers, hardgekook

Metode

1. Verhit die olie oor matige hitte in ’n groot braaipan. Soteer die soetrissie vir ’n paar minute of tot net sag.

2. Roer die tamaties en bone by en soteer vir 1-2 minute of die tamatie se skilletjies net begin oopbars en die bone net warm is. Roer die balsamiese asyn by, verlaag die hitte en prut vir 1-2 minute.

3. Verwyder van die hitte en roer die spinasieblare deur. Geur met sout en peper.

4. Roer die feta deur en strooi pampoensaad oor. Sit warm of teen kamertempertuur as ’n ligte vegetariese ete of as ’n bygereg voor.

5. Vir ‘n kosblik, laat heeltemal afkoel en pak met hardgekookte Nulaid eiers, in wiggies gesny. Eiers is heerlik met die groente en balsamiese geure.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest

Share This