Bierbrood met kaas & kruie/ Beer bread with cheese and herbs
Dit is een van die maklikste maniere om warm brood op die tafel te hê. Jy kan die geurmiddels maklik varieer om by jou smaak en voorkeur te pas. Dis ’n heerlike bygereg met braaivleis.
Dit is een van die maklikste maniere om warm brood op die tafel te hê. Jy kan die geurmiddels maklik varieer om by jou smaak en voorkeur te pas. Dis ’n heerlike bygereg met braaivleis.
Karringmelk vir ’n sagte tekstuur en Rooibostee vir ’n subtiele, maar interessante geur – dit maak dié resep spesiaal. Die tuisgemaakte Rooibosvla is heerlik – moenie die fyngerasperde suurlemoenskil uitlos nie, dis ’n verrassende geurelement. Die resep gebruik aansienlik minder suiker, maar jy gaan dit nie eers agterkom nie.
Dié gebakte pere is só maklik om te maak en bestaan uit ’n paar eenvoudige bestanddele. Die resultaat is ’n smaak-avontuur. Die subtiele speserygeure is perfek met die gekaramelliseerde smaak van die pere. Sit dit net so voor, of bedien dit met een van die opsies in die resep – die Griekse jogurt is beslis my eerste keuse.
Op ’n koue dag maak die poeding jou hart én maag warm. Die gebakte suurlemoenpoeding met sy soetsuursous onder in die bak is alombekend. My ma, Letteli Nel, het eendag besluit om grenadellapulp by die beslag te roer en wat ’n verrassing! Nou is dit ons ‘onthoukos’, want my kinders vra altyd dat ek die poeding so moet maak.
Dit maak nie saak of jy dit botterbroodjies of skons noem nie, as dié gebakte lekkertes vars en stomend uit die oond kom, is ek eerste aan die tafel. Dié volkoringweergawe is heerlik, met die ekstra vesel en neuterige smaak, en die jogurt gee dit ’n veerligte tekstuur.
My basiese botterkoekresep is juis só ontwikkel, dat dit maklik met verskillende geure aangepas kan word. So, toe ek ’n marmerkoek wou bak, was dit die perfekte resep om mee te werk. En aangesien ek nie van baie versiersuiker op ’n koek hou nie, het ek besluit om ’n alternatief te kies. Die eindresultaat was ’n klam Marmerkoek met suurroom en bessies – só mooi om na te kyk en ’n smullekker bederf.