by Heleen Meyer | Mar 19, 2021 | Light meals, Light vegetarian
Dié Spaanse-styl tamatiesop word koud voorgesit en is heerlik verfrissend op ’n warm dag. Dis perfek vir ’n ligte maaltyd of as voorgereg en smaak die volgende dag selfs nog lekkerder. Die sop is ook baie veelsydig, want dit kan soos hier onder, met suurroom of gewone jogurt en basiliekruidblare voorgesit word. Of geur dit met paprika of meer Tabasco vir ’n ekstra byt en sit met koljanderblare voor.
by Heleen Meyer | Mar 6, 2019 | Mains, Seafood
Vis is ’n wonderlike vorm van proteïen – dis nie net gesond nie, maar ook maklik en vinnig om voor te berei. En tog is mense soms huiwerig om dit self gaar te maak. Geroosterde of gebraaide vis word dikwels in ’n degie voorberei, maar dan ook in diepvet gebraai. Hierdie resep gebruik dieselfde beginsel, om repies vis in ’n gegeurde meelmengsel te doop, maar dan word dit in net ’n dun lagie olie in ’n pan gebraai tot dit gaar, maar steeds sappig is. Die buitenste korsie is dus bros en geurig, maar daar is heelwat minder olie ter sprake. Om ’n vinnige gesinsete te kan voorsit, word die groente sommer in dieselfde pan gebraai.
by Heleen Meyer | Mar 2, 2018 | Salad as a side, Sides & salads
’n Eenvoudige kombinasie van treffende bestanddele bly altyd ’n wenner. Vir hierdie resep het ek knopiesampioene in ’n mengsel van olie, balsamiese asyn, korrelmosterd en kruie gemarineer. Die marinade is sommer ook die slaaisous en die slaai is ewe lekker as bygereg of voorgereg.
by Heleen Meyer | May 12, 2017 | Mains, Meat
Search for: MainsMeat Poultry Seafood Vegetarian More categories Sides & salads Mains Light meals Desserts, baking & sweet treats Extras Kosblik 101 / Lunch boxes Subscribe for more recipes Enter your email address to subscribe to this blog and receive...