Twee idees met vis
’n Geurige ete met vis, is ’n feesmaal. En dis nie moeilik om dit lekker voor te berei nie. Die beste raad is om dit so eenvoudig as moontlik te hou, beide in terme van ’n gaarmaakmetode en die geurmiddels.

Quiche is so ’n lekker ligte ete vir die somer en perfek vir ’n laat-ontbyt. Daar is baie opsies om as vulsel vir ’n quiche te gebruik, maar dié kombinasie van ham en ’n geurige kaas is ’n wenner.
Het jy ook met pap as ’n stysel vir etes grootgeword? Veral met braaivleis of wors en sous? Ek is dol daaroor, maar ander kan glad nie verstaan dat ’n mens hieroor opgewonde kan raak nie. Daar is ook verskillende maniere waarop liefhebbers daarvan hou – fyn krummels, loperig, in groot, sagte klonte of dan soos hier in ’n paptert-styl gebak.
Eenvoud is die vreugde van die lewe, so het Koos du Plessis gedig, en dis net so waar as mens oor kos gesels. Die lekkerste kombinasie van bestanddele is soms die eenvoudigste. As mens eers weet watter bestanddele perfekte pasmaats is, is helfte van die werk in die kombuis reeds gedoen.