Braaibroodjies met gekaramelliseerde uie
Gekaramelliseerde uie verander ’n gewone braaibroodjie na ’n gourmet-braaibroodjie. As jy dit een keer daarop geëet het, is gewone uie vir altyd van die baan.
Gekaramelliseerde uie verander ’n gewone braaibroodjie na ’n gourmet-braaibroodjie. As jy dit een keer daarop geëet het, is gewone uie vir altyd van die baan.
’n Kleurvolle kombinasie van slaaibestanddele met botterbone as die proteïen. Die geure van die tuisgemaakte slaaisous is heerlik met die bone. Moenie in die versoeking kom om die slaai saam met brood te eet nie, want dis vullend genoeg soos dit is. Enige oorskiet-slaai is perfek vir ’n kosblik.
Vir mense wat nie oor ’n tipiese groenslaai opgewonde raak nie, is hierdie kleurvolle slaai die antwoord. Die effens ongewone kombinasie van bestanddele is ’n geurige verrassing en almal wil altyd ’n tweede keer skep.
Dié Spaanse-styl tamatiesop word koud voorgesit en is heerlik verfrissend op ’n warm dag. Dis perfek vir ’n ligte maaltyd of as voorgereg en smaak die volgende dag selfs nog lekkerder. Die sop is ook baie veelsydig, want dit kan soos hier onder, met suurroom of gewone jogurt en basiliekruidblare voorgesit word. Of geur dit met paprika of meer Tabasco vir ’n ekstra byt en sit met koljanderblare voor.
Lekker eet – of soos die Meksikaane sê: Buen provecho!
Die geure, kleure en smake wat met Meksiko vereenselwig word, is opwindend, helder en iets waarvan Suid-Afrikaners baie hou. Heelwat van die bestanddele wat in Meksikaanse geregte gebruik word, is ook tipies aan ons mooi land. Hul koskultuur is vir hulle net so belangrik soos wat dit vir ons is om lekker te eet. En die samesyn om ’n tafel is net so kenmerkend van ’n Meksikaanse ete as ’n hartlike Suid-Afrikaanse ete.