Stiekie-bees met gegeurde rys (Sticky beef)

Stiekie-bees met gegeurde rys (Sticky beef)

Stiekie-bees met gegeurde rys – dis wegneemkos uit jou eie kombuis en in ‘n ‘kits’ gereed. Die smullekker soet-suur geur met vars gemmer en ‘n bietjie byt is perfek saam met die geurige rys. Die sesamsaad en spinasieblare in die rys is ‘n lekker verrassing en maak van die ete ‘n maaltyd-in-‘n-bakkie.

Tortilla-wiggies & quesadillas

Tortilla-wiggies & quesadillas

Lekker eet – of soos die Meksikaane sê: Buen provecho!
Die geure, kleure en smake wat met Meksiko vereenselwig word, is opwindend, helder en iets waarvan Suid-Afrikaners baie hou. Heelwat van die bestanddele wat in Meksikaanse geregte gebruik word, is ook tipies aan ons mooi land. Hul koskultuur is vir hulle net so belangrik soos wat dit vir ons is om lekker te eet. En die samesyn om ’n tafel is net so kenmerkend van ’n Meksikaanse ete as ’n hartlike Suid-Afrikaanse ete.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest