
Botterskorsiekoekies met saliebotter
Wie’s nie dol oor ’n stapeltjie warm pampoenkoekies nie? Maar het jy dit al met botterskorsie gemaak? Probeer gerus ook dié aromatiese botter met vars salie – jy gaan ’n nuwe geur-wêreld ontdek. Die kaneelstokkie waarmee die botterskorsie gekook word, gee dit ook ’n ekstra spesiale geur. En as die idee van die saliebotter jou glad nie opgewonde maak nie, is jy welkom om dit met die tradisionele kaneelsuiker voor te sit. Maar probeer gerus die botter, jy sal nie spyt wees nie.