Tortilla-wiggies & quesadillas

Tortilla-wiggies & quesadillas

Lekker eet – of soos die Meksikaane sê: Buen provecho!
Die geure, kleure en smake wat met Meksiko vereenselwig word, is opwindend, helder en iets waarvan Suid-Afrikaners baie hou. Heelwat van die bestanddele wat in Meksikaanse geregte gebruik word, is ook tipies aan ons mooi land. Hul koskultuur is vir hulle net so belangrik soos wat dit vir ons is om lekker te eet. En die samesyn om ’n tafel is net so kenmerkend van ’n Meksikaanse ete as ’n hartlike Suid-Afrikaanse ete.

Kerrievis

Kerrievis

’n Yskoue stukkie kerrievis met ’n broodjie (om die sous op te ‘vee’) en slaai, is ’n bekende en baie gewilde Suid-Afrikaanse ete. Party mense ken dit as gepiekelde vis, maar hoe jy dit ook al noem, dit bly smullekker. Die resep is dalk ’n bietjie meer moeite as om vis net in die pan te braai, maar dit hou uitstekend in die yskas en is ’n gerieflike ete om byderhand te hê.
Die speserye in die kerriesous is aromaties en is ’n heerlike kombinasie van geure saam met die soetsuur smaak van die konfyt en asyn – beslis iets wat Suid-Afrikaners altyd geniet. Daar is verskillende maniere om kerrievis te maak, maar ek verkies om die vis eers te panbraai en dan in die sous te marineer. Dit kan vir 5-7 dae in die yskas hou of selfs langer as jy dit in ’n gesteriliseerde bottel verpak en só in die yskas hou.

Oosterse wortelslaai

Oosterse wortelslaai

’n Gewone wortelslaai sal nooit weer dieselfde wees as jy eers hierdie weergawe met Oosterse geure gemaak het nie. Die slaaisous is gesonder as die tradisionele mayonnaise-sous en tog so lekker. Dit kan vir ander slaaie ook gebruik word, veral ’n groen slaai met vrugte, soos appels en druiwe of groente soos groenboontjies en broccoli. Dit pas by die gemmer en sojasous-mengsel. Onthou dat sojasous baie sout bevat, so maak seker jy het ’n ligte southand.

Klein vark-&-appelburgers

Klein vark-&-appelburgers

Sodra die vakansie aanbreek, is jou roetine hopelik ook bietjie rustiger. Dis ’n ideale tyd om die kinders in die kombuis te laat help. Hoe meer hulle daar betrokke is, hoe groter is die kans dat hulle opgewonde is om dit te eet waarmee hulle gehelp het. En moenie verbaas wees as hulle dan ook meer avontuurlustig is met nuwe geure en bestanddele nie. Hierdie varkburgers is so maklik om te maak en selfs ’n kleiner kind kan help om die maalvleismengsel in balletjies te rol. Die geurkombinasie van varkvleis, appel, kruie en speserye is heerlik.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest