by Chanel Madolo | Jun 19, 2026 | Light seafood, Mains, Salad as a side, Seafood
The 13th of June was International Chenin Blanc Day, and to celebrate, Leopard’s Leap Wines asked me to develop a few recipes to pair with their lovely trio of Chenin Blanc’s. Think mussels in a creamy sauce, a broccolini and citrus salad and an elegant cheese platter with roasted pears and goats cheese. Yum!
by Heleen Meyer | Apr 12, 2019 | Light meals, Light seafood
’n Yskoue stukkie kerrievis met ’n broodjie (om die sous op te ‘vee’) en slaai, is ’n bekende en baie gewilde Suid-Afrikaanse ete. Party mense ken dit as gepiekelde vis, maar hoe jy dit ook al noem, dit bly smullekker. Die resep is dalk ’n bietjie meer moeite as om vis net in die pan te braai, maar dit hou uitstekend in die yskas en is ’n gerieflike ete om byderhand te hê.
Die speserye in die kerriesous is aromaties en is ’n heerlike kombinasie van geure saam met die soetsuur smaak van die konfyt en asyn – beslis iets wat Suid-Afrikaners altyd geniet. Daar is verskillende maniere om kerrievis te maak, maar ek verkies om die vis eers te panbraai en dan in die sous te marineer. Dit kan vir 5-7 dae in die yskas hou of selfs langer as jy dit in ’n gesteriliseerde bottel verpak en só in die yskas hou.