Greek mince & brinjal bake/ Griekse maalvleisgebak
I love Greek food and that is why I adapted my basic mince mixture to create this heavenly dish. It uses lots of origanum, mint and brinjal, three of my favourite ingredients!
I love Greek food and that is why I adapted my basic mince mixture to create this heavenly dish. It uses lots of origanum, mint and brinjal, three of my favourite ingredients!
Eiervrug is een van daardie groente wat nogal ’n skeidslyn kan wees. Party mense, soos ek, is dol daaroor en ander eet dit glad nie. Of soms is die huiwering omdat mense nie seker is hoe dit gaargemaak moet word nie. Om eiervrug te rooster, is moeiteloos en die gekaramelliseerde smaak met die jogurt, suurlemoen en kruie waarmee dit voorgesit word, is besonders.
Veggies can brighten up any meal and this combination of brinjal, baby marrows, red pepper, tomatoes and onions is not only colourful but delicious too. The topping of cheese, herbs and lemon rind, is much healthier than a rich cream based sauce, often used for side dishes like a potato bake. This side dish is bound to become the favourite at your next braai.
Perfek vir ontbyt, ’n ligte aandete of middagete – die keuse is joune. Maak dié ratatouille met chorizo-worsies en bak vir elkeen ’n eier of twee in die warm sous. Die kombinasie van murgpampoentjies, eiervrug, soetrissie en tamatie met vars kruie en ’n skeut suurlemoensap is heerlik. Die paprikageure in die chorizo pas perfek hierby en gee die ratatouille ’n wonderlike smaak.
’n Lensie-en-eiervrugslaai is vandag op die spyskaart. Noem dit sommer die lekkerste lensieslaai, want selfs mense wat dink lensies is vaal en vervelig of die wat nie baie van eiervrug hou nie, skep gou nog van dié slaai.
Hierdie resep kom uit my laaste resepteboek, Maak vyf en is een van daardie resepte wat mense dikwels sê, ‘sjoe, ek het nie gedink lensies kan so lekker wees nie’. Die kombinasie van geure en die manier waarop die eiervrug en lensies gaargemaak word, dra beslis by tot die lekker smaak en tekstuur.