Refreshing drinks 3 / Verfrissende drankies 3

Skink ‘n yskoue glas vol kleur en geur! Die twee stylvolle drankies lyk nie net mooi nie, maar is absoluut heerlik en regtig verfrissend. Drankies hoef beslis nie onnodig soet of met alkohol gemaak te word, om prettig en feestelik te wees nie. Met die regte kombinasie van bestanddele kan jy elke keer ‘n ander kleur en geur skep.
Maak sommer binnekort die Bessie, suurlemoen en tiemie-borreldrankie of die Framboos-en-lemmetjie vonkel.
Die resepte is alles hier onder in AFRIKAANS en Engels, so blaai net ‘n bietjie verder na onder. Daar is nog vier vonkeldrankies op my webwerf.
KLIK net op die skakels of gebruik die soekfunksie om die ander Verfrissende drankies 1 & Verfrissende drankies 2 te kry – daar is iets vir elke smaak.
These mocktail recipes are also available in ENGLISH below – just keep scrolling.
There are another 4 mocktails in the series, so just CLICK on the links or use the search function to find Refreshing drinks 1 & Refreshing drinks 2. How does the combination of Green tea, granadilla and ginger sound? Or maybe you would like an Apple mojito-style refresher, No-quila sunrise or even a special Rooibos refresher to quench your thirst.
Cheers!!!
Resepte (Afrikaans)
Bessie, suurlemoen & tiemie met borrels
Genoeg vir 4 glase
Ja, jy lees die metode reg. Die drankie word sommer in ’n amper leë konfytflessie gemeng. ’n Slim plan om nie ’n druppel van die laaste bessie- of aarbeikonfyt in die fles te laat verlore gaan nie.
Bestandele
125 ml (½ k) yswater
45 ml (3 e) nastergal- of aarbeikonfyt
8 klein takkies vars tiemie of -suurlemoentiemie
dun repies suurlemoenskil
gebreekte ys
ongeveer 400-500 ml tonikum of borrrelwater, verkoel
eetbare blomme, soos laventel of komkommerkruidblommetjies (borage) vir garnering
ekstra takkies tiemie en repies suurlemoenskil, vir garnering
Metode
- Skink die yswater in die konfytfles, draai die fles toe en skud dit goed – dit werk uitstekend om die konfyt effens te verdun.
- Sit die tiemietakkies en repe suurlemoenskil by en skud weer goed. Skep ys in die glase en verdeel die konfytmengsel tussen die glase. Vul elke glas met die tonikum of borrelwater op.
- Garneer met eetblare blomme, ekstra tiemie en suurlemoenskil. Sit dadelik voor.
NOTA: die drankie op die foto is met Heerlijk se nastergal gemaak om die treffende pers kleur te kry.
Vir ’n bietjie skop: skink ’n sopie of skeut gin of vodka in elke glas. Of vervang die tonikum of borrelwater met vonkelwyn vir ’n spesiale drankie.
Framboos-&-lemmetjievonkel
Genoeg vir 4 glase
Met net ’n paar bestanddele kan jy dié verfrissende drankie optower. Dis so eenvoudig, maar die frambose en lemmetjie is ’n uitstekende kombinasie.
Bestandele
250 ml (1 k) gevriesde of vars frambose, of gebruik gemengde bevrore bessies
30 ml (2 e) vars lemmetjiesap
4 x 200 ml blikkies limonade of 1 liter bottel, verkoel
vars lemmetjiewiggies vir garnering
gedroogde of vars roosblare of ander eetbare blommetjies vir garnering
Metode
- Breek die bessies met ’n vurk kleiner en verdeel die bessies tussen die glase. Skink die lemmetjiesap en limonade oor en garneer met lemmetjiewiggies en roosblare of eetbare blomme.
- Sit ys by as jy nie gevriesde bessies gebruik nie.
Vir ’n bietjie skop: vervang die limonade met yskoue vonkelwyn of skink vir elkeen ’n sopie of skeut gin by of vodka.
Recipes (English)
Berries, lemon & time with bubbles
Makes 4 glasses
Yes, you read the method correctly. This drink is made in a jam or preserve jar. This is a clever way to make sure you use the last bit of the berry or strawberry jam that’s left in the jar, with no waste.
Ingredients
125 ml (½ cup) ice water
45 ml (3 tbsp) nastergal (umsobo preserve) or strawberry jam
8 small sprigs fresh thyme or lemon thyme
thin strips of lemon rind
crushed ice
about 400-500 ml tonic water or sparkling water, chilled
edible flowers, like lavender or borage for garnish
extra sprigs of thyme and lemon zest for garnish
Method
- Pour the iced water into the jam jar, close the lid, and give it a good shake– this works well to thin down the jam a bit.
- Add the thyme sprigs and strips of lemon rind and shake well again. Place crushed ice into the glasses and divide the jam mixture between the glasses. Top each glass up with the tonic or sparkling water.
- Garnish with edible flowers, extra thyme and strips of lemon zest. Serve immediately.
NOTE: the drink in the photo was made using Heerlijk’s nastergal preserve, to get that striking purple colour.
For a kick: add a shot or a dash of gin or vodka to each glass. Alternatively, replace the tonic or sparkling water with chilled MCC (bubbly) for a special drink.
Raspberry & lime cooler
Makes 4 glasses
With just three ingredients you can create this refreshing drink. It’s so simple and the raspberries and lime are one excellent combination.
Ingredients
250 ml (1 cup) frozen or fresh raspberries, or mixed frozen berries
30 ml (2 tbsp) fresh lime juice
4 x 200 ml tins lemonade or 1 litre bottle, chilled
fresh lime wedges for garnish
dried or fresh rose petals or any other edible flowers
Method
- Crush the berries with a fork to create smaller pieces and divide them between the glasses. Pour the lime juice over and top each glass with the lemonade.
- Garnish each glass with lime wedges and rose petals or edible flowers. Add ice if you are not using frozen berries.
For an extra kick: substitute the lemonade for ice-cold MCC (bubbly). Alternatively, add a dash or a shot of gin or vodka into everyone’s glass.


These recipes were developed for the Summer issue of LiG Tydskrif, 2024-2025.
Images by Adel Ferreira Photography.