Refreshing drinks 2 / Verfrissende drankies 2

Kyk net hoe mooi, elegant en kleurvol is die twee drankies. Dis nog twee alkoholvrye idees as deel van ‘n hele paar soortgelyke resepte vir verfrissende drankies op my webwerf. Elkeen het sy eie unieke geur en en met ‘n paar vars elemente en seisonale bestanddele, kan jy regtig kreatief wees. Die drankies is almal ook sommer gesonder, want daar is geen alkohol nie en aansienlik minder suiker ter sprake, as in ‘n tipiese skemerkelkie. Drankies hoef nie onnodig soet te wees om lekker en verfrissend te wees nie.
In die blog is daar Rooibostee met heuning en speserye en ‘n No-quila sunrise met mango en pynappel, of soos ek dit noem: ‘n Glas vol sonskyn, wat almal se dros gaan les. Die resepte is alles hier onder in Afrikaans en Engels beskikbaar. Daar is nog vier vonkeldrankies op my webwerf. Hoe klink ‘n Groentee en grenadella drankie, of ‘n Appel, komkommer en kruisement op ys? Of dalk is jy lus vir iets met bessies? KLIK net op die skakels of gebruik die soekfunksie om die ander Verfrissende drankies 1 & Verfrissende drankies 3 te kry – daar is iets vir elke smaak.
These mocktail recipes are also available in ENGLISH below – just keep scrolling. There are another 4 mocktails in the series, so just CLICK on the links or use the search function to find Refreshing drinks 1 & Refreshing drinks 3. How does the combination of Green tea, granadilla and ginger sound or perhaps an Apple mojito-style refresher sound. Or perhaps you prefer something with berries.
Cheers!!!
Resepte (Afrikaans)
Rooibos met speserye, heuning en roosmaryn
Lewer 1,5 liter
Les jou dors met dié heerlike Rooibos-ystee met ’n interessante geurkombinasie.
Bestandele
8 blom- of bessiegegeurde Rooibostee-sakkies
4 kardemompeule, liggies gekneus om die saadjies vry te stel, of ’n klein stukkie heel kaneel
20 ml (4 t) heuning
1 liter (4 k) kookwater
500 ml (2 k) helder vrugtesap van jou keuse, soos bosbessie- (cranberry), bessie- of appelsap, verkoel
4-6 takkies vars roosmaryn
eetbare blommetjies vir garnering, soos roosmarynblommetjies, laventel of gesiggies (pansies)
ys om mee voor te sit
Metode
- Plaas die teesakkies met die kardemom of kaneel en heuning in ’n hittebestande beker. Skink die kookwater oor en meng goed deur. Laat die tee trek tot dit afgekoel het. Haal die heel speserye uit en sit die tee in die yskas om te verkoel.
- Roer die sap en roosmaryn by die tee. Garneer die tee met eetbare blommetjies, indien verkies, en sit yskoud met ysblokkies voor.
Vir ’n bietjie skop: skink vir elkeen ’n sopie of skeut muskadel of gin by die ystee.
’n Glas vol sonskyn
Genoeg vir 4 glase
Dalk het jy al ’n tequila sunrise gedrink, maar hierdie is ’n ‘nie-quila’ sonsopkoms in ’n glas. Die tropiese geure proe die ene somer. Die metode lyk lank, maar dis net om jou soos ’n wafferse mengeldrankie-guru te laat voel as jy die grenadine se kleur-effek wil regkry.
Bestandele
30 ml (2 e) fyn droë klapper
500 ml (2 k) gevriesde of vars mango, in blokkies gesny
2 dik skywe vars pynappel, afgeskil en in blokkies gesny
500 ml (2 k) mango-en-lemoensap, verkoel
60 ml (¼ k) grenadine-stroop (alkoholvrye stroop by drankwinkels beskikbaar)
ongeveer 400-500 ml borrelwater (sparkling water)
ekstra skyfies vars pynappel, afgeskil of in die skil en in kwarte gesny, vir garnering
Metode
- Skep die klapper in ’n plat bordjie. Doop elke glas se rand eers in water en dan in die klapper, om die randjies te versier.
- Plaas die mango, pynappelblokkies en sap in ’n groot maatbeker. Verpulp met ’n stokmenger tot ’n dik, maar gladde mengsel. Sit die mengsel vir ongeveer ’n uur in die vrieskas om dit heeltemal koud te maak.
- Verdeel die mango-mengsel tussen die glase. Skink die grenadine-stroop versigtig en stadig, oor die agterkant van ’n lepel, in die glas – hou die voorste ronding van die lepel naby die rand van die glas, sodat die grenadine teen die binnekant van die glas afloop. Op dié manier meng dit so min as moontlik met die mango. Gee die stroop ’n bietjie kans – dit sal na onder sak en ’n aparte rooi-pienk laag of patroon deur die geel mango vorm. Moenie die mengsel roer nie, dan word dit ’n pienk drankie wat baie minder aptytlik lyk.
- Skink die borrelwater versigtig oor die mango-laag. Garneer elke glas se rand met die ekstra pynappel en sit dadelik voor.
Vir ’n bietjie skop: skink vir elkeen ’n sopie of skeut tequila of rum met die mango in die glas.
Recipes (English)
Rooibos with honey & rosemary
Makes 1,5 litres
Quench your thirst with this amazing Rooibos iced tea with a very interesting flavour profile.
Ingredients
8 floral or berry-flavoured Rooibos tea bags
4 cardamom pods, crushed to expose the seeds or use a small whole cinnamon stick
20 ml (4 tsp) honey
1 litre (4 cups) boiling water
500 ml (2 cups) clear fruit juice of your choice, like cranberry, berry or apple juice, chilled
4-6 fresh rosemary sprigs
edible flowers for garnish like rosemary flowers, lavender or pansies
ice for serving
Method
- Place tea bags with the cardamom or cinnamon and honey in a heat-proof jug. Pour the boiling water over and mix through. Let the tea steep and set aside for 2-3 hours to cool. Remove tea bags and spices. Refrigerate until needed.
- Mix the juice and rosemary into the tea. Add edible flowers if preferred and serve ice cold with ice cubes.
For a kick: add a dash or a shot of muscadel or gin to each glass.
Sunshine in a glass
Makes 4 glasses
Maybe you’ve tried a tequila sunrise before? Well, this is a ‘no-quila- sunrise in a glass. The tropical flavours taste like summer! The method looks long, but it’s going to make you feel like an expert when you get the effect with the grenadine to work.
Ingredients
30 ml (2 tbsp) fine desiccated coconut
500 ml (2 cups) frozen or fresh mango, cubed
2 thick slices fresh pineapple, peeled and cubed
500 ml (2 cups) mango-orange juice, chilled
60 ml (¼ cup) grenadine syrup (available at bottle stores)
about 400-500 ml sparkling water
extra slices of fresh pineapple, peeled and cut in quarters for garnish
Method
- Place the coconut on a flat plate. Dip the rim of each glass in water and then into the coconut, coating just the rim of each glass.
- Place the mango, pineapple cubes and juice in a large jug. Blend using a stick blender until a thick, but smooth mixture forms. Place the mixture in the freezer for an hour to make it ice cold.
- Divide the mango mixture between the glasses. Pour the grenadine syrup slowly and carefully, over the back of a spoon, against the top rim of the glass, so that the grenadine runs down and along the inside of the glass. Doing it this way, helps that the syrup doesn’t mix with the mango layer. Give the syrup a chance to settle, it will form a separate red-pink layer, underneath the orange layer. DO NOT stir the mixture, this will turn the drink to a pink colour that almost reminds you of medicine.
- Slowly pour the sparkling water over the mango layer. Garnish each glass with extra pineapple and serve.
For an extra kick: add a shot or a dash of tequila or rum, with the mango mixture to each glass.
These recipes were developed for the Summer issue of LiG Tydskrif, 2024-2025.
Images by Adel Ferreira Photography.
Hoekom voel ek veral aangetrokke tot die “bietjie skop”? Vir my soort van smaakkliere klink alkohol altyd beter as gemmer.