Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Roti

Aug 22, 2016 | Sides & salads, Starchy side

Resepte
Rotis

Resep uit Cooking from the heart

Lewer 8 rotis

Bestanddele

250 ml (1 k) koekmeel

250 ml (1 k) volkoringmeel

30 ml (2 e) sonneblom- of avokado-olie

2,5 ml (½ t) sout

5 ml (1 t) gemaalde komyn (opsioneel)

250 ml (1 k) kookwater

10 ml (2 t) sonneblom- of avokado-olie vir braai

Metode

1. Plaas die mele in ‘n groot mengbak. Vryf die 2 eetlepels olie, sout en komyn met jou vingerpunte by die meel in, tot dit soos broodkrummels lyk.

2. Meng water by die meelmengsel en knie tot ‘n sagte deeg vorm.

3. Verdeel die deeg in 8 balletjie en rol elke balletjie in ‘n sirkel.

4. Vou die sirkel in die helfte en dan weer in die helfte en rol weer in ‘n sirkel. Herhaal met al die balletjies en bedek met ‘n skoon afdroogdoek tot gereed om te braai. Vir n perkefte ronde sirkel, gebruik die deksel van ‘n klein kastrol.

5. Verhit ‘n dun lagie olie oor matige hitte in ‘n groot braaipan. Braai roti aan eenkant tot dit begin pof. Draai om en braai tot goudbruin, maar nie hard nie.

6. Sit voor met ‘n kerrie van jou keuse. (Winter Kerrie of Hoender-en-wortelkerrie)

 

 

Foto: Adel Ferreira.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest

Share This