by Heleen Meyer | Mar 30, 2026 | Mains, Meat
A fish marinade made with a touch of apricot jam is well known in South Africa, and is delicious on almost any fresh fish, not just snoek. In this recipe, the jam creates a delicious sweet and sour combination with the lemon, cumin and a touch of chilli – it’s so good! Make this recipe today, it’s perfect to enjoy over this coming Easter weekend.
by Heleen Meyer | Mar 25, 2024 | Mains, Seafood
Hierdie aandete is ’n wenner – vinnig, vullend en so maklik om te maak. Selfs mense wat nie dol is oor geblikte vis nie, geniet die gereg. Geblikte sardyne is propvol voedingswaarde, want dit is ’n uitstekende bron van proteïene, gesonde olies en kalsium. Die groente in die gereg kan met enige bevrore groente soos ertjies, boontjies of mielies verder aangevul word.
by Heleen Meyer | Feb 6, 2024 | Mains, Seafood
’n Geurige ete met vis, is ’n feesmaal. En dis nie moeilik om dit lekker voor te berei nie. Die beste raad is om dit so eenvoudig as moontlik te hou, beide in terme van ’n gaarmaakmetode en die geurmiddels.
by Heleen Meyer | Apr 12, 2019 | Light meals, Light seafood
’n Yskoue stukkie kerrievis met ’n broodjie (om die sous op te ‘vee’) en slaai, is ’n bekende en baie gewilde Suid-Afrikaanse ete. Party mense ken dit as gepiekelde vis, maar hoe jy dit ook al noem, dit bly smullekker. Die resep is dalk ’n bietjie meer moeite as om vis net in die pan te braai, maar dit hou uitstekend in die yskas en is ’n gerieflike ete om byderhand te hê.
Die speserye in die kerriesous is aromaties en is ’n heerlike kombinasie van geure saam met die soetsuur smaak van die konfyt en asyn – beslis iets wat Suid-Afrikaners altyd geniet. Daar is verskillende maniere om kerrievis te maak, maar ek verkies om die vis eers te panbraai en dan in die sous te marineer. Dit kan vir 5-7 dae in die yskas hou of selfs langer as jy dit in ’n gesteriliseerde bottel verpak en só in die yskas hou.
by Heleen Meyer | Mar 6, 2019 | Mains, Seafood
Vis is ’n wonderlike vorm van proteïen – dis nie net gesond nie, maar ook maklik en vinnig om voor te berei. En tog is mense soms huiwerig om dit self gaar te maak. Geroosterde of gebraaide vis word dikwels in ’n degie voorberei, maar dan ook in diepvet gebraai. Hierdie resep gebruik dieselfde beginsel, om repies vis in ’n gegeurde meelmengsel te doop, maar dan word dit in net ’n dun lagie olie in ’n pan gebraai tot dit gaar, maar steeds sappig is. Die buitenste korsie is dus bros en geurig, maar daar is heelwat minder olie ter sprake. Om ’n vinnige gesinsete te kan voorsit, word die groente sommer in dieselfde pan gebraai.