Souserige sjokoladepoeding met neute en koffie
O, hoe lekker is dit nie om deur dié poeding se bros deeg tot by die romerige sjokoladesous te skep nie! Die koffie is ’n lekker balans vir die soeter sjokoladesous. Onthou om goeie gehalte koffie en kakao vir die beste geur te gebruik.
