
Romerige Indiese hoender met platbrode (Butter chicken)
Het jy al self ‘butter chicken’ gemaak? Die aromatiese hoendergereg is watertand-lekker en baie makliker om voor te berei as wat jy dalk gedink het. Dit vra net so bietjie beplanning, want al wat jy moet onthou is om die hoender vooraf vir ’n uur of twee te marineer – dit gee die beste geur. Die res word in drie vinnige stappe gedoen.