by Heleen Meyer | Dec 17, 2018 | Light meals, Salad as a side, Sides & salads
Slaai het deesdae ’n heeltemal nuwe betekenis en hoef lankal nie meer net blaarslaai met komkommer, tamatie en wortelrepies te wees nie. Slaaie kan ’n ete op hul eie wees of die fokuspunt van ’n eenvoudige ete. Wissel soms die bestanddele af vir ’n vinnige nuwe idee. Vrugte is ’n wonderlike bestanddeel in ’n slaai en saam met ’n paar ander vars elemente is hierdie ’n delikate, maar besondere smaaksensasie.
by Heleen Meyer | Jul 13, 2018 | Desserts, sweet treats & baking, Kosblik 101 / Lunch boxes
Met meeste van die skole wat dié week vir die derde kwartaal heropen, is kosblik-pak van nuuts af op die agenda. Dié lekker muffins is propvol vesel en met die kombinasie van hawermout, appel, kaneel en amandels, iets wat almal sal geniet. Dit het ook niks meer nodig, soos kaas of konfyt, om mee voorgesit te word nie.
by Heleen Meyer | Mar 29, 2018 | Baking, Chocolate, Desserts, sweet treats & baking
Treat family or friends to a lovely chocolate and nut cake. No one will expect the touch of cinnamon, and how well it combines with the buttery cake, chocolate pieces and nuts, until that first mouthful.
The recipe uses a lot of eggs in the batter, which gives the cake its richness, texture and flavour, and is a better option than too much butter and sugar. The cake also keeps well and doesn’t dry out easily.
by Heleen Meyer | Jan 19, 2018 | Breakfast, Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals
Wat is vir jou die lekkerste manier om hawermout vir ontbyt te eet? Dalk ken jy dit met melk en suiker, maar het jy al kaneel, piesang en ’n drupsel heuning probeer? Of selfs ’n handjievol gekapte amandels daarby. Daar is ’n lang lys vrugte en bessies om van te kies wat alles heerlik is op hawermout, van druiwe of perskes tot mango en papaja. Kombineer dit met neute of sade vir ekstra tekstuur of selfs tuisgemaakte muesli – die opsies is eindeloos. Dis soms juis die tekstuur van gaar hawermout wat baie mense afsit, so as jy dit met growwer bestanddele meng, is dit ’n geurige manier om hierdie gesonde bestanddeel as ontbyt te geniet.
by Heleen Meyer | Nov 6, 2017 | Kosblik 101 / Lunch boxes
Sodra die somer aanbreek, begin baie mense ’n hernude poging aanwend om gesond te leef en eet. Somersklere wys mos so bietjie meer as die winterlae waaronder ’n mens makliker jou lyf kan verbloem. Gesonde eetgewoontes is iets wat regtig nie so moeilik is om te volg nie en as die hele gesin dit hul manier van doen maak, is dit soveel makliker om dit heeljaar vol te hou.