Kleurvolle boneslaai met ’n Meksikaanse geur/Colourful bean salad with Mexican flavours
Dié slaai is altyd vir mense ’n verrassing, want die slaaisous gee dit ’n interessante kinkel. Geniet die slaai as bygereg of ligte vegetariese ete.
Dié slaai is altyd vir mense ’n verrassing, want die slaaisous gee dit ’n interessante kinkel. Geniet die slaai as bygereg of ligte vegetariese ete.
An easy delicious, side dish. In this recipe, the naturally sweet taste of carrots and sweet potatoes is even better when these vegetables are roasted in the oven. Serve this simple but very flavourful side dish with braaied fish, pork or grilled chicken.
Kyk net al die K’s: komyn, ’n tikkie kaneel, koljanderblare, kruisement en koeskoes – wat ’n wonderlike kombinasie. Die Marokkaanse geure is perfek saam met die andersins neutrale smaak van koeskoes en dis so ’n maklike bygereg om te maak. Dit kan net so met geroosterde vis, hoender of vleis voorgesit word en koeskoes kan ook ’n souserige gereg heerlik absorbeer.
In dié resep word ui en botterskorsie met my gunsteling-spesery, komyn, in die oond gerooster en dan met geroosterde amandels en vars kruie gebruik om die koeskoes te geur. Kruisement- en koljanderblare is perfekte pasmaats vir die speserye en ander bestanddele. Die verskillende bestanddele gee die bygereg ook ’n interessante tekstuur. Hierdie weergawe kan maklik vooraf berei word, maar voeg die kruie en amandels by net voor dit voorgesit word.
’n Gewone wortelslaai sal nooit weer dieselfde wees as jy eers hierdie weergawe met Oosterse geure gemaak het nie. Die slaaisous is gesonder as die tradisionele mayonnaise-sous en tog so lekker. Dit kan vir ander slaaie ook gebruik word, veral ’n groen slaai met vrugte, soos appels en druiwe of groente soos groenboontjies en broccoli. Dit pas by die gemmer en sojasous-mengsel. Onthou dat sojasous baie sout bevat, so maak seker jy het ’n ligte southand.
I love to cook with fruit. This is not necessarliy cooking jams or preserves, but rather ways to include what each season has to offer in everyday meals. A salad can be so much more than lettuce, tomato, cucumber and maybe an olive or two with some feta and a dressing. Salads can easily be the hero on the table and turn a meal into a feast – not only on the eyes, but for your taste buds too.