by Heleen Meyer | Apr 29, 2026 | Salad as a side, Sides & salads
’n Koolslaai is altyd ’n gewilde bygereg met enige braaivleis. Hierdie weergawe met ’n eenvoudige slaaisous met mosterd en kruie gaan jy beslis weer en weer wil maak. En wie het gesê dit moet altyd met mayonnaise gemaak word. Probeer die verfrissende en kleurvolle weergawe as jy weer lus het vir koolslaai.
by Heleen Meyer | Dec 7, 2018 | Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals, Light meat
Sodra die vakansie aanbreek, is jou roetine hopelik ook bietjie rustiger. Dis ’n ideale tyd om die kinders in die kombuis te laat help. Hoe meer hulle daar betrokke is, hoe groter is die kans dat hulle opgewonde is om dit te eet waarmee hulle gehelp het. En moenie verbaas wees as hulle dan ook meer avontuurlustig is met nuwe geure en bestanddele nie. Hierdie varkburgers is so maklik om te maak en selfs ’n kleiner kind kan help om die maalvleismengsel in balletjies te rol. Die geurkombinasie van varkvleis, appel, kruie en speserye is heerlik.
by Heleen Meyer | Dec 8, 2017 | Kosblik 101 / Lunch boxes, Mains, Vegetarian
Laat jou kinders die vakansie in die kombuis help – dit kan groot pret wees. Dié lensieburgers is maklik om te maak en elkeen kan sy eie burger saamstel soos hulle daarvan hou. Maak dit ’n ete op ’n stoep of om die swembad, of wat van padkos of ’n piekniek?
Kinders wat in die kombuis help, is dikwels meer geneig om te proe aan dit waarmee hulle gehelp het. Maak dit vir hulle opwindend om in die kombuis te wees, dit maak sommer jou werk ook ligter.