Peuselhappies vir die hele gesin
Bederf jou gesin en maak hierdie peer-en-kaasjafels of plaatkoekies met bloubessies as deel van ’n ontbyt of kosblik.
Bederf jou gesin en maak hierdie peer-en-kaasjafels of plaatkoekies met bloubessies as deel van ’n ontbyt of kosblik.
Maak die lekker en maklike happies met ’n paar bekende en alledaagse bestanddele. Hawermout is perfek vir baie meer as net nog ‘n bakkie ontbytpap.
Het jy geweet dat suiker verslawend is? Hoe soeter die kos is wat jy eet, hoe soeter wil jy dit volgende keer hê. Dis ’n bose kringloop wat jy liewer moet breek. Wonder jy soms hoe om met minder suiker en sout steeds lekker kos te kook? Of sukkel jy om te weet hoe om genoeg gesonde vette in jou ete in te sluit? Dan is jy op die regte plek.
Hier is nog ’n episode van Eet.Kook.Leef.Beter met die fokus op gaarmaakmetodes. Ek verduidelik hoe die regte gaarmaakmetode vir ’n bestanddeel, dit selfs nog lekkerder laat smaak – en natuurlik gesonder kan maak.
Ek wil jou graag inspireer om met vars kruie, suurlemoen en ander natuurlike geurmiddels te kook – dis net soveel lekkerder en sommer gesonder ook. Kyk saam na Episode 2 van Eet.Kook.Leef.Beter – al die skakels is in hierdie blog.