Heuning-&-hawermoutbrood

Heuning-&-hawermoutbrood

Tuisgebakte brood is nie net ’n lekker bederf nie, maar ook ’n heelwat gesonder opsie, want jy weet wat alles in die brood gebruik word. Winkelbrood voel dalk gerieflik, maar dit is dikwels van meer verfynde meel gemaak en hoog in bygevoegde sout of suiker. Sulke brood is dikwels minder vullend en voedsaam as ’n tuisgebakte brood. Die rysmiddel in die resep is bakpoeier, so dis nie nodig om iets te knie nie. As jy dalk skrikkerig is om ’n gisbrood te bak, is hierdie ’n maklike alternatief. Met ’n tuisgebakte brood kan jy selfs kleiner brode bak, om porsiebeheer makliker te maak.

Gekookte eiers

Gekookte eiers

’n Gekookte eier is ’n basiese en eenvoudige bestanddeel, baie voedsaam en nogal veelsydig. En tog, as jy nie mooi weet hoe om dit suksesvol te kook nie, kan dit nogal ’n katastrofe afgee. Almal weet hoe lyk ’n hardgekookte eier wat heeltemal ‘blou’ geword het in die dop. Of het jy al eiers gekook en dan is dit na ’n paar minute ’n redelike stryd om die pot vol gekraakte eiers (of sal mens dit oopgebars noem) klaargekook te kry, sonder dat al die eierwit in die water uitkook?

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest