by Heleen Meyer | Sep 23, 2022 | Sides & salads, Vegetable side
Smullekkerrrrr! Dis ’n goeie beskrywing vir dié brosgeroosterde aartappeltjies. Aartappels, in een of ander vorm, is altyd gewild en perfek met braaivleis. Probeer beslis dié nuwe manier om ’n ou bekende in ’n japtrap voor te sit. Voor die kole mooi gereed is, is die aartappels klaar.
by Heleen Meyer | Sep 19, 2022 | Sides & salads, Vegetable side
’n Kleurvolle kombinasie van slaaibestanddele met botterbone as die proteïen. Die geure van die tuisgemaakte slaaisous is heerlik met die bone. Moenie in die versoeking kom om die slaai saam met brood te eet nie, want dis vullend genoeg soos dit is. Enige oorskiet-slaai is perfek vir ’n kosblik.
by Heleen Meyer | Aug 2, 2022 | Sides & salads, Vegetable side
Eiervrug is een van daardie groente wat nogal ’n skeidslyn kan wees. Party mense, soos ek, is dol daaroor en ander eet dit glad nie. Of soms is die huiwering omdat mense nie seker is hoe dit gaargemaak moet word nie. Om eiervrug te rooster, is moeiteloos en die gekaramelliseerde smaak met die jogurt, suurlemoen en kruie waarmee dit voorgesit word, is besonders.
by Heleen Meyer | Dec 15, 2021 | Sides & salads, Vegetable side
If you’ve been invited to a truly South African braai, you probably had three bean salad. This is my twist on a classic which I developed for AMC Cookware. Homemade is best – you’ve heard that so many times, but for this salad it is absolutely true. You can find three bean salads in tins, jars and even boxes, but this fresh take is so worth it!
by Heleen Meyer | Nov 2, 2021 | Sides & salads, Vegetable side
Ek het nog nooit van daardie outydse gereg van boontjies-aartappels-en-uie wat saamgekook is, gehou nie! Altwee my oumas het dit gemaak en alhoewel party familie dol was daaroor, het ek maar langtand geëet. Groenboontjies is nou een van my gunstelinggroente, maar wel op ’n heel ander manier voorberei.
Groenboontjies met amandels is heerlik en makliker kan dit amper nie – soteer sampioene en boontjies vinnig in ’n pan, geur dit met balsamiese asyn en rond met geroosterde amandels af.
by Heleen Meyer | Mar 24, 2020 | Baking, Sides & salads, Vegetable side
Gekaramelliseerde uie is so ’n eenvoudige, maar baie geurige vulsel vir die tert. Ideaal vir ’n teetafel of as bygereg. Lees die resep mooi, want dis eintlik ’n onderstebo-tert, so die laaste stap is inderdaad korrek.