by Heleen Meyer | Oct 26, 2018 | Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals, Light vegetarian, Mains, Salad as a meal, Salad as a side, Sides & salads, Vegetable side, Vegetarian
Dukkah en kekerertjies met sappige appels, ’n paar kruieblare en saggekookte eiers is ’n lenteslaai uit die boonste rakke. Een van die lekkertes van hierdie tyd van die jaar, is dat daar wonderlike vars produkte is om mee kreatief te wees. Met net ’n paar bestanddele en ’n interessante geurmiddel kan jy met min moeite ’n ete gereed hê.
by Heleen Meyer | Sep 28, 2018 | Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals, Light vegetarian, Mains, Sides & salads, Vegetable side, Vegetarian
’n Eenvoudige speserymengsel met ’n skeut suurlemoensap en olie is perfek om kekerertjies in ’n opwindende element te omskep. Die kekerertjies word in dié mengsel gerooster tot dit bros is en dan is dit sommer ekstra veelsydig. Vegetariese etes gebruik gereeld kekerertjies, aangesien dit ’n goeie bron van proteïen en koolhidrate is. Dit het ook die vermoë om ander geure wonderlik te absorbeer en juis daarom is die resep so ideaal.
by Heleen Meyer | Sep 7, 2018 | Baking, Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals, Light vegetarian, Salad as a meal, Salad as a side, Sides & salads, Starchy side, Vegetable side
Braaivleis, rugby, sonskyn en Chevrolet… dis ’n bekende sê-ding uit die 70’s wat mense vandag nog gebruik. Dit het begin as die klingel vir die destydse Springbok Radio. Ek is nie noodwendig passievol oor rugby of Chevs nie, maar vir sonksyn en braaivleis, sê ek enige dag, ‘Ja!’
Braaivleis is ook lankal nie net meer tot steak, tjops en wors beperk nie. Deesdae is daar ’n lang lys van lekkertes wat oor die kole gaargemaak kan word, of met iets wat oor die kole was, voorgesit kan word.
by Heleen Meyer | Aug 24, 2018 | Cold dessert, Desserts, sweet treats & baking, Fruit, Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals, Light vegetarian, Sweet snacks, Vegetable side, Vegetarian
Soms doen ’n mens baie moeite met die grootste ete van die dag, maar die ander etes bly so bietjie vergete. Met die regte kombinasie van bestanddele en gaarmaakmetodes of maniere waarop iets voorgesit word, kan selfs die eenvoudigste ete ’n feesmaal wees. As deel van ’n gesonde leefstyl, is dit ook belangrik dat selfs hierdie ligter of kosblik-etes net so voedsaam en gebalanseerd as die hoofete van die dag moet wees.
by Heleen Meyer | Aug 10, 2018 | Accompaniments, Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals, Light vegetarian, Salad as a side, Starchy side, Vegetable side, Vegetarian
Aartappels is een van die bekendste stysel-opsies vir bygeregte en daar is eindelose maniere om dit gaar te maak, te geur en voor te sit. Een van die gewildste maniere bly ’n aartappelslaai – veral in Suid-Afrika, want daar is min braai-etes wat nie ’n aartappelslaai op tafel insluit nie.
by Heleen Meyer | Mar 23, 2018 | Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals, Sides & salads, Vegetable side
Eenvoud is die vreugde van die lewe, so het Koos du Plessis gedig, en dis net so waar as mens oor kos gesels. Die lekkerste kombinasie van bestanddele is soms die eenvoudigste. As mens eers weet watter bestanddele perfekte pasmaats is, is helfte van die werk in die kombuis reeds gedoen.