by Heleen Meyer | Mar 19, 2021 | Light meals, Light vegetarian, Vegetarian
Dié Spaanse-styl tamatiesop word koud voorgesit en is heerlik verfrissend op ’n warm dag. Dis perfek vir ’n ligte maaltyd of as voorgereg en smaak die volgende dag selfs nog lekkerder. Die sop is ook baie veelsydig, want dit kan soos hier onder, met suurroom of gewone jogurt en basiliekruidblare voorgesit word. Of geur dit met paprika of meer Tabasco vir ’n ekstra byt en sit met koljanderblare voor.
by Heleen Meyer | Feb 3, 2020 | Light meals, Light vegetarian
Chickpeas form the base for these little vegetarian ‘meatballs’ which are often served with pitas and salad ingredients. They make a delicious snack and are perfect for a picnic, lunch box, on a pita or in a wrap.
by Heleen Meyer | Sep 6, 2019 | Light meals, Light vegetarian, Salad as a side, Sides & salads
Sometimes I can imagine the flavours of a dish before I actually make it. That is exactly what happened with this salad. Citrus and cabbage works well and cabbage, cucumber and dill combines well together. Then, surely all four of them should work together? Allow the cabbage and cucumber to marinate in the sauce for a bit to give a slight pickle flavour, but it should still be fresh. That perfect balance between pickled and fresh makes this salad ideal with braaied chicken, pork or fish.
by Heleen Meyer | Aug 8, 2019 | Light meals, Light vegetarian, Mains, Vegetarian
Wonder jy soms wat die beste gaarmaakmetode vir ‘n spesifieke bestanddeel is? Die regte keuse kan nogal ’n groot verskil aan die eindresultaat maak. Dit gee ook ekstra geur én behou meer van die tekstuur, kleur, geur en voedingswaarde.
by Heleen Meyer | May 10, 2019 | Light meals, Light vegetarian
Lekker eet – of soos die Meksikaane sê: Buen provecho!
Die geure, kleure en smake wat met Meksiko vereenselwig word, is opwindend, helder en iets waarvan Suid-Afrikaners baie hou. Heelwat van die bestanddele wat in Meksikaanse geregte gebruik word, is ook tipies aan ons mooi land. Hul koskultuur is vir hulle net so belangrik soos wat dit vir ons is om lekker te eet. En die samesyn om ’n tafel is net so kenmerkend van ’n Meksikaanse ete as ’n hartlike Suid-Afrikaanse ete.
by Heleen Meyer | Apr 30, 2019 | Light meals, Light vegetarian, Sides & salads
Kyk net al die K’s: komyn, ’n tikkie kaneel, koljanderblare, kruisement en koeskoes – wat ’n wonderlike kombinasie. Die Marokkaanse geure is perfek saam met die andersins neutrale smaak van koeskoes en dis so ’n maklike bygereg om te maak. Dit kan net so met geroosterde vis, hoender of vleis voorgesit word en koeskoes kan ook ’n souserige gereg heerlik absorbeer.
In dié resep word ui en botterskorsie met my gunsteling-spesery, komyn, in die oond gerooster en dan met geroosterde amandels en vars kruie gebruik om die koeskoes te geur. Kruisement- en koljanderblare is perfekte pasmaats vir die speserye en ander bestanddele. Die verskillende bestanddele gee die bygereg ook ’n interessante tekstuur. Hierdie weergawe kan maklik vooraf berei word, maar voeg die kruie en amandels by net voor dit voorgesit word.