Lekkerste lensie-&-eiervrugslaai/ Brinjal & lentil salad

’n Lensie-en-eiervrugslaai is vandag op die spyskaart. Noem dit sommer die lekkerste lensieslaai, want selfs mense wat dink lensies is vaal en vervelig of die wat nie baie van eiervrug hou nie, skep gou nog van dié slaai. Hierdie resep kom uit my laaste resepteboek, Maak vyf en is een van daardie resepte wat mense dikwels sê, ‘sjoe, ek het nie gedink lensies kan so lekker wees nie’. Die kombinasie van geure en die manier waarop die eiervrug en lensies gaargemaak word, dra beslis by tot die lekker smaak en tekstuur.
Eers word die eiervrug met die skil (ek skil nooit eiervrug nie) in blokkies gesny en met roosmaryn en bietjie knoffel in ’n pan gesoteer en dan effens geprut tot dit gaar, maar nie pap is nie. Daarna word die lensies in dieselfde pan met takkies roosmaryn gekook tot dit net gaar is. Die eiervrug en lensies kry dus beide kans om die roosmaryn- en knoffelgeure te absorbeer. Vir afronding word gemarineerde songedroogde tamaties, feta en ‘n handvol of twee basiliekruid- en roketblare bygesit.
Vir hierdie resep kook ek self die lensies, want geblikte lensies gaan beslis nie geure op dieselfde manier kan absorbeer nie. Lensies het van natuur ’n effens neuterige, maar andersins meer neutrale smaak wat dit juis ideaal maak om ’n verskeidenheid geure daarby te kan gebruik. Lensies hoef ook nie vooraf geweek te word soos droë bone nie en prut binne 25-30 minute sag, maar dit moenie pap wees nie. Spoel die lensies vir ’n slaai sommer dadelik af, sodra dit gaar is, om seker te maak dit word nie verder gaar nie.
Lewer 4 – 6 porsies
Bestanddele
45 ml (3 e) olyfolie
1 groot eiervrug, in blokkies gesny
1 groot ui, gekap
15 ml (1 e) gekapte vars roosmaryn
15 ml (1 e) suurlemoensap
sout en peper
250 ml (1 k) rou bruin lensies, afgespoel
2 ekstra takkies roosmaryn
1 skyf fetakaas, in blokkies gesny
6 gemarineerde songedroogde tamaties, in repe geskeur
’n handvol vars roket- en basiliekruidblare
- Verhit die twee olies oor matige hitte in ’n braaipan en soteer eiervrug, ui en roosmaryn bietjie vir bietjie tot goudbruin. Voeg meer olie by indien nodig. Skep eiervrugmengsel terug in die pan en roer die suurlemoensap by.
- Geur na smaak en sit die deksel op. Prut 5-10 minute of tot gaar. Skep uit en laat afkoel.
- Plaas die lensies met die roosmaryntakkies en ’n knippie sout in dieselfde pan. Giet 500 ml (2 k) water oor en verhit oor matige hitte tot kookpunt. Stel die hitte laer en prut met die deksel op vir 30 minute of tot sag. Haal die roosmaryntakkies uit.
- Dreineer die lensies en spoel af met koue water om te keer dat dit verder gaar word.
- Meng die lensies met die eiervrug. Roer die res van die bestanddele by, geur na smaak en sit koud of teen kamertemperatuur voor.
- As jy nie baie tyd het, kan die droë lensies met 2 x 410 g-blikke bruin lensies vervang word. Dreineer en voeg by die eiervrug met die res van die bestanddele in stap 5.
- Vervang die fetakaas met bokmelkkaas of sit voor met jogurt en kruisementblare.
- Wanneer granate in seisoen is, vervang die songedroogde tamaties daarmee.
Brinjal & lentil salad
Recipe from Make five/Maak vyf
Serves 4 – 6
Ingredients
45 ml (3 tbsp) olive oil
1 large brinjal, cubed
2 cloves garlic, crushed
1 large onion, chopped
15 ml (1 tbsp) chopped fresh rosemary
15 ml (1 tbsp) lemon juice
salt and pepper
250 ml (1 cup) uncooked brown lentils, rinsed
2 extra sprigs rosemary
1 slice feta cheese, cubed
6 marinated sun-dried tomatoes, sliced
handful fresh rocket and basil leaves
Method
- Heat 15 ml (1 tbsp) of the oil in a large frying pan over medium heat and sauté brinjal, garlic, onion and rosemary in batches until brinjal is golden brown. Add more oil if necessary. Spoon all the veggies back into the pan and stir in the lemon juice.
- Season to taste and cover with a lid. Simmer 5-10 minutes or until cooked. Spoon out and allow to cool.
- Place lentils in the same pan with the rosemary sprigs and a pinch of salt. Pour over 500 ml (2 cups) water and bring to a boil over medium heat. Reduce the heat and simmer with a lid on for 30 minutes or until cooked. Reduce the heat and simmer for 30 minutes or until soft. Remove rosemary.
- Drain lentils and rinse with cold water to prevent it from cooking any further.
- Gently stir lentils into the brinjal mixture. Stir in the cheese, sund-dried tomatoes and herbs and season to taste. Serve cold or at room temperature.
Tips
- If you are short on time, substitute dried lentils with 2 x 410 g tins brown lentils. Drain and add to the brinjal with the rest of the ingredients in step 5.
- Substitute feta cheese with goats’ milk cheese or serve with spoonfuls of yoghurt and mint leaves.
- When pomegranates are in season, substitute sundried tomatoes with pomegranate pips.

EK kannie wag vir Maandag oggende se aanbieding nie