Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Aarbeislaai met basiliekruid

Mar 1, 2017 | Salad as a side, Sides & salads

Aarbeislaai met basiliekruid
Resep uit Maak vyf/ Make five
Lewer 4 – 6 porsies

Hierdie slaai is perfek vir enige somersete. Voeg ‘n bietjie hoender, avokado of neute by vir ‘n ligte ete. Steak, vis of hoender oor die kole is heerlik saam met hierdie soeter bykos.

Bestanddele

Croutons

2 rolletjies, in growwe stukke gebreek

30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie

2 knoffelhuisies, gekneus


Slaai

250 g aarbeie, in dik skywe gesny

’n handvol vars basiliekruidblare

’n handvol vars roketblare

½ komkommer, met ’n aartappelskilller in linte gesny

1 skyf fetakaas, gekrummel

30 ml (2 e) papawersaad

30 ml (2 e) basiliekruidpesto

45 ml (3 e) olyf- of avokado-olie

15 ml (1 e) appel- of vrugteasyn

sout en peper

Metode

1. Croutons: Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Plaas brood, olie en knoffel in ’n groot mengbak en meng goed deur. Plaas in ’n enkellaag op die bakplaat en rooster vir 10-15 minute of tot goudbruin en bros. Laat dit afkoel.

2. Slaai: Plaas die aarbeie, basiliekruid, roket en komkommer op ’n groot slaaibord en krummel feta bo-oor.

3. Meng die res van die bestanddele vir ’n slaaisous en geur na smaak. Sit die slaai saam met die croutons en slaaisous voor.

Wenke
1. Gebruik aarbeie en enige ander bessies, soos frambose en bloubessies. Waatlemoen is ook lekker. Gebruik gerus ook ander vrugte of groente, wat in seisoen is, in die slaai. Avokado, dun groenboontjies, of pere werk goed.

2. Meng avokado, hoenderrepies, gepeperde makriel, salm of kekertjies by die slaai. Of vervang croutons met avokado vir ’n glutenvrye slaai.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest

Share This