Subscribe for more recipes

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Geroosterde groente quiche

Oct 17, 2016 | Light meals

Ons almal moet elke dag dankbaar wees vir dit wat ons het om te eet, maar in dieselfde asem besef dat daar nie ‘n onuitputbare voorraad van kos en ander basiese bronne is nie. Ons elkeen se verantwoordelikheid is juis om seker te maak dat ons so min as moontlik vermors, die kos wat ons het optimaal benut en op dié manier net gebruik wat ons regtig nodig het, sodat daar vir ons medemens ook iets beskikbaar is.Daarmee saam, is gesonde eetgewoontes ook iets wat ons almal deel van ons leefstyl moet maak, want op die lange duur maak dit die las op ons aarde ook ligter. Hoe meer natuurlik, vars en onverwerk ons eet, hoe beter – beide vir ons gesondheid, beursies en die aarde. ‘n Gebalanseerde maaltyd bestaan uit matige porsies vars en rou groente en vrugte, ‘n gesonde proteïen en stysel en dan ‘n klein porsie gesonde olies. Die stysel moet verkieslik so onverfynd en onverwerk as moontlik wees. Hoe meer ‘wit’ stysels soos pasta, rys, brood en pap ons kan beperk en liewer ander opsies eet, hoe beter. Dit geld ook vir ‘n kosblik-ete.

 

Resepte
Geroosterde groente quiche

Resep aangepas uit Cooking from the heart 2

Lewer 12-15 porsies

Bestanddele

30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie

30 ml (2 e) balsamiese asyn

15 ml (1 e) gedroogde gemengde kruie

2,5 ml (½ t) sout

suurlemoensap en swartpeper na smaak

2 uie, in wiggies gesny

3 murgpampoentjies, in dik skywe gesny

2 wortels, in diagnole skyfies gesny

1 rooi soetrissie, in repies gesny

3 groot spinasieblare, in repe gesny of 1-2 handevol baba spinasieblare

1 skyf fetakaas, gekrummel

3 eiers, geklits

150 ml melk

handvol sonneblomsaad

Metode

1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Meng olie, asyn en gedroogde kruie in ’n groot mengbak. Geur na smaak met sout, suurlemoensap en peper.

2. Voeg al die groente, behalwe die spinasie by en meng om die groente met die olie te bedek. Plaas in ‘n enkellaag op ‘n bakplaat, uitgevoer met GLAD se Bake and Cooking paper.

3. Rooster 20 minute of tot die groente goudbruin en gaar is. Roer die spinasie en feta by en rooster nog 5 minute of tot deurwarm.

4. Voer ‘n muffinpan met GLAD Bake and Cooking Paper uit, deur die papier in klein vierkante te sny en voer elke muffin-holte met die bakpapier uit. Skep groentemengsel in die holtes.

5. Klits eiers en melk saam and skink oor groente. Strooi sonneblomsaad oor en bak 15-20 minute of tot gestol. Laat afkoel en pak in ‘n kosblik.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest

Share This