by Heleen Meyer | Jan 26, 2018 | Kosblik 101 / Lunch boxes, Light meals, Light vegetarian, Sides & salads
Blomkool en broccoli het in die laaste paar jaar vinnig op die groente-gewildheidsleer geklim. Die twee groentes is lankal nie meer net vir ’n kaassous beskore nie en deesdae kry jy baie interessante maniere om dit voor te sit. Hierdie is beslis in my kombuis ’n gunsteling. Dis so maklik om te maak en as jy nog nie voorheen geroosterde blomkool en broccoli geproe het nie, moet jy dit beslis probeer.
by Heleen Meyer | Dec 13, 2017 | Light meals, Light vegetarian, Sides & salads, Starchy side
In die feestyd is dit altyd lekker om ’n resep of twee te hê wat moeiteloos is om voor te berei en op verskillende maniere voorgesit kan word. Almal wil lekker eet, maar nie noodwendig ure in die kombuis moet spandeer nie. Dié geurige geroosterde botterskorsie met kekerertjies en bone is ’n ideale resep vir die vakansie.
by Heleen Meyer | Nov 24, 2017 | Sides & salads, Starchy side
’n Lensie-en-eiervrugslaai is vandag op die spyskaart. Noem dit sommer die lekkerste lensieslaai, want selfs mense wat dink lensies is vaal en vervelig of die wat nie baie van eiervrug hou nie, skep gou nog van dié slaai.
Hierdie resep kom uit my laaste resepteboek, Maak vyf en is een van daardie resepte wat mense dikwels sê, ‘sjoe, ek het nie gedink lensies kan so lekker wees nie’. Die kombinasie van geure en die manier waarop die eiervrug en lensies gaargemaak word, dra beslis by tot die lekker smaak en tekstuur.
by Heleen Meyer | May 12, 2017 | Light meals, Salad as a meal
’n Elegante slaai wat as voorgereg of ligte ete ewe lekker is. Die kombinasie van hoender en aarbeie is ’n heerlike vars idee en beslis dit werd om te probeer.