Hoender-&-aarbeislaai
Hoender- &-aarbeislaai
Resep uit Kos is op die tafel
Lewer 4 – 6 porsies
’n Elegante slaai wat as voorgereg of ligte ete ewe lekker is. Die kombinasie van hoender en aarbeie is ’n heerlike vars idee en beslis dit werd om te probeer.
Slaaisous
60 ml (¼ k) olyfolie
30 ml (2 e) appel-, framboos- of ander vrugtige asyn
10 ml (2 t) korrelmosterd
10 ml (2 t) heuning
5 ml (1 t) vars tiemieblaartjies
sout en peper na smaak
Slaai
6-8 hoenderborsfilette
10 ml (2 t) olyfolie
150-200 g dun groenboontjies
70-100 g roket of gemengde slaaiblare
300 g aarbeie, gehalveer
1-2 sprietuie, in diagonale skyfies gesny
eetblare blommetjies (opsioneel)
- Slaaisous: Klits al die bestanddele saam en geur na smaak. Skink 45 ml van die slaaisous oor die hoender en laat vir 10-15 minute marineer.
- Slaai: Verhit die olie oor matige hitte in ’n braaipan. Braai die filette, met die marinade, aan beide kante tot goudbruin. Verlaag die hitte en prut, met ’n deksel, vir 5-7 minute of tot net gaar, maar steeds sappig. Geur na smaak en hou eenkant. Die hoender kan warm of teen kamertemperatuur gebruik word.
- Plaas boontjies in ’n vlak bak en skink kookwater oor. Laat vir ’n paar minute staan, tot die boontjies heldergroen, maar steeds bros is. Dreineer en spoel met koue water af. Dreineer deeglik en druk droog.
- Hou die filette heel of sny dit in dikkerige diagonale skyfies. Plaas slaaiblare met hoender, boontjies en aarbeie op ’n groot opdienbord. Sprinkel sprietuie oor, garneer met eetbare blommetjies en sit met die orige slaaisous voor.
1. Vervang aarbeie met perskes, mango of druiwe. Avokado, aspersies of selfs komkommer kan met die vrugte of as plaasvervanger gebruik word.
2. ’n Vinnige variasie: Vervang die hoender met gerookte salm of gerookte hoender. Bedek die boontjies met kookwater, laat 10 minute staan en spoel af in koue water.
Foto: Adel Ferreira.
Baie dankie