Beste tamatiebredie! / The best tomato bredie!

Beste tamatiebredie! / The best tomato bredie!

Vir baie mense is tamatiebredie sommer net huiskos, maar dit bly ’n spesiale gereg en selfs ideaal om vriende mee te onthaal. For many people a tomato bredie is comfort food, but it remains a special meal and is perfect when entertaining. Click for the English and Afrikaans recipes.

Hasselback botterskorsie met geroomde feta

Hasselback botterskorsie met geroomde feta

Die natuurlike soet smaak van botterskorsie is perfek as bykos – iets waarvoor Suid-Afrikaners baie lief is. Hier is ’n effens ander aanslag, want die stukkies geroosterde suurlemoenskil is ’n heerlike verrassing. Hasselback-styl word oorspronklik met aartappels gedoen, deur hulle in dun skyfies, maar nie regdeur nie, te sny en dan so in ‘waaiers’ tot goudbruin en bros te rooster.

Botterskorsiekoekies met saliebotter

Botterskorsiekoekies met saliebotter

Wie’s nie dol oor ’n stapeltjie warm pampoenkoekies nie? Maar het jy dit al met botterskorsie gemaak? Probeer gerus ook dié aromatiese botter met vars salie – jy gaan ’n nuwe geur-wêreld ontdek. Die kaneelstokkie waarmee die botterskorsie gekook word, gee dit ook ’n ekstra spesiale geur. En as die idee van die saliebotter jou glad nie opgewonde maak nie, is jy welkom om dit met die tradisionele kaneelsuiker voor te sit. Maar probeer gerus die botter, jy sal nie spyt wees nie. 

Spaghetti carbonara

Spaghetti carbonara

This classic spaghetti carbonara is silky, creamy and delicious. It’s a quick and easy dinner – you’ll want to go back for more than one helping.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest