Sjokoladekolwyntjies met appel

Sjokoladekolwyntjies met appel

Suid-Afrikaners is dol oor bak. En hierdie tyd van die jaar is dit beslis een of ander tyd deel van almal se feestydbeplanning. Sjokolade en kaneel is ’n smullekker kombinasie en in hierdie klam kolwyntjies is die subtiele smaak van die kaneel baie lekker – veral omdat dit ook met appel gekombineer word. Dit mag dalk na ’n vreemde kombinasie klink, maar om die suiker in die kolwyntjies minder te maak, is die natuurlike soet smaak van appels gebruik. En appel en kaneel vul mekaar se smake altyd baie goed aan.

Italiaanse geroosterde sampioene

Italiaanse geroosterde sampioene

Die gevulde en geroosterde sampioene mag dalk soos klein pizzas lyk, maar dis inderdaad baie meer as dit. Gebruik die idee as ’n voorgereg of bygereg vir ’n volgende braaivleis-ete. Die beginsel om met vars bestanddele wat mekaar goed aanvul, tuisgemaakte kos voor te berei, is die fokus van soveel van die resepte wat al op In&UitKosblik gebruik is

Sampioen-lasagne met appelslaai

Sampioen-lasagne met appelslaai

Van kleins af, is lasagne hoog op my lys van koesterkos-geregte. As my ma ons wou bederf of wanneer jy kon kies watter gunsteling jy vir jou verjaarsdagete wil hê, was lasagne gereeld eerste genoem. Ja, lasagne bestaan uit lae geurige maalvleis en pasta met ’n kaassous, maar met deesdae se innoverende kosneigings, is dit nie meer die enigste manier waarop dié bekende gereg gemaak kan word nie. Die pasta word dikwels met groente van ’n soort vervang of die maalvleis word selfs hoender, of vis – daar is baie opsies.

Maalvleis, sampioene en spinasie is ’n heerlike kombinasie en ideaal om inderdaad ’n glutenvrye-lasagne mee te maak. En al gebruik jy nie ’n kaassous bo-op nie, is ’n mengsel van karringmelk, kruie en kaas ewe lekker. Onthou, kaassous word tipies met meel gemaak, so dit bevat ook gluten, soos die pasta.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest