Savoury rice with nuts

Savoury rice with nuts

Savoury rice can turn a simple piece of chicken or fish into a special meal. Choose any rice you like, although basmati rice is my favourite in this dish, as the aromatic flavours, spices and nuts work very well together. Basmati rice cooks much quicker, than plain white rice.

Geroosterde kool & spek met heuning-mosterd

Geroosterde kool & spek met heuning-mosterd

Kool en spek is ’n bekende kombinasie en beide is ekstra lekker as dit gerooster is. Die soetsuur smaak van mosterd is perfek in hierdie eenvoudige, maar geurige bygereg. Moenie die kool te lank rooster nie, want dit moet net gaar en beslis nie pap wees nie. Die twee kleure kool lyk mooi, maar net witkool sal dit ewe lekker wees.

Citrus & cabbage salad with dill

Citrus & cabbage salad with dill

Sometimes I can imagine the flavours of a dish before I actually make it. That is exactly what happened with this salad. Citrus and cabbage works well and cabbage, cucumber and dill combines well together. Then, surely all four of them should work together? Allow the cabbage and cucumber to marinate in the sauce for a bit to give a slight pickle flavour, but it should still be fresh. That perfect balance between pickled and fresh makes this salad ideal with braaied chicken, pork or fish.

Marokkaanse koeskoes

Marokkaanse koeskoes

Kyk net al die K’s: komyn, ’n tikkie kaneel, koljanderblare, kruisement en koeskoes – wat ’n wonderlike kombinasie. Die Marokkaanse geure is perfek saam met die andersins neutrale smaak van koeskoes en dis so ’n maklike bygereg om te maak. Dit kan net so met geroosterde vis, hoender of vleis voorgesit word en koeskoes kan ook ’n souserige gereg heerlik absorbeer.
In dié resep word ui en botterskorsie met my gunsteling-spesery, komyn, in die oond gerooster en dan met geroosterde amandels en vars kruie gebruik om die koeskoes te geur. Kruisement- en koljanderblare is perfekte pasmaats vir die speserye en ander bestanddele. Die verskillende bestanddele gee die bygereg ook ’n interessante tekstuur. Hierdie weergawe kan maklik vooraf berei word, maar voeg die kruie en amandels by net voor dit voorgesit word.

error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest