Klein vark-&-appelburgers

Klein vark-&-appelburgers

Sodra die vakansie aanbreek, is jou roetine hopelik ook bietjie rustiger. Dis ’n ideale tyd om die kinders in die kombuis te laat help. Hoe meer hulle daar betrokke is, hoe groter is die kans dat hulle opgewonde is om dit te eet waarmee hulle gehelp het. En moenie verbaas wees as hulle dan ook meer avontuurlustig is met nuwe geure en bestanddele nie. Hierdie varkburgers is so maklik om te maak en selfs ’n kleiner kind kan help om die maalvleismengsel in balletjies te rol. Die geurkombinasie van varkvleis, appel, kruie en speserye is heerlik.

Skemerkelkiehappies

Skemerkelkiehappies

Die feestyd is om die draai en met elke funksie of kuier met familie, vriende en kollegas is daar altyd iets te ete. Dit maak my moedeloos as borde eetgoed uit net nog ’n diepgebraaide happie of nog iets in ’n degie van een of ander aard is. Dan lyk die tamaties of komkommer wat dikwels eintlik die garnering is, sommer ekstra lekker. So as dit my beurt is om eetgoed te maak, kies ek eerste iets wat ook uit vars bestanddele bestaan.

Somer-tortillas met steak & slaai

Somer-tortillas met steak & slaai

Welkom in 2018! Mag dit ’n baie spesiale jaar met vele wonderlike etes aan jul tafel wees. Hier is ’n lekker somer-resep om die jaar mee af te skop. Dalk is julle nog met vakansie of het nog kans vir ’n rustige piekniek of kuier met familie en vriende voor die jaar begin spoed optel. Vir die nuwe jaar, kry Kosblik so ’n effense ander aanslag. Dit word nou In & Uit Kosblik genoem, so ons gaan oor nog meer resepte en idees gesels om jou en jou gesin aan te moedig en te help om ’n gesonde leefstyl maklik en opwindend te maak.

Worsies en bone met basiliekruid

Worsies en bone met basiliekruid

Search for: Light mealsBreakfast Salad as a meal Light meat Light poultry Light seafood Light vegetarian More categories Sides & salads Mains Light meals Desserts, baking & sweet treats Extras Kosblik 101 / Lunch boxes Subscribe for more recipes Enter your...
error: Content is protected !!

Pin It on Pinterest