Pan-omelet met broccoli en kaas
‘n Pan-omelet met broccoli, uie en kaas is ewe vullend en lekker vir ontbyt as middagete. ‘n Ete met genoeg variasie in kleur, tekstuur en geure is sommer al klaar meer aptytlik en op die manier kan jy seker maak dat dit ook gesond is. As jy wel die week nog moet kosblikke pak vir die res van die gesin, is hierdie ‘n lekker maklike en vinnige idee.
Pan-omelet met broccoli en kaas
Resep uit Cooking from the heart 2
Lewer 4 porsies
1 ui, in skyfies gesny
100 g broccoli, in klein blommetjies gesny
15 ml (1 e) gedroogde gemengde kruie
suurlemoensap en swartpeper na smaak
6 eiers, geklits
2,5 ml (½ t) sout
80 ml (⅓ k) gerasperde cheddar-, mozzarella- of bloukaas
2. Voeg broccoli en kruie by en braai vir nog ’n paar minute tot gaar, maar nog steeds bros. Geur met suurlemoensap en peper.
3. Klits eiers en sout saam. Giet die res van die olie in die pan met die groente en roer deur.
4. Skink eiers oor die groente, maar moenie roer nie. Verlaag die hitte.
5. Laat eier stol en lig die gaar eier al om die rand van die pan met ‘n eierspaan, sodat die rou eier onder dit kan inloop, maar moet dit nie roer nie. Op die manier word ‘n basis vir die groente gevorm. Laat dit gaar word tot die meeste van die eier gestol het, strooi die kaas oor en laat dit smelt.
6. Sit die deksel op vir ‘n paar minute of tot die eier heeltemal gestol en die kaas gesmelt is.
7. Skep die pan-omelet uit, laat effens afkoel en sny in wiggies om in ‘n kosblik te pak. Of geniet die warm pan-omelet as ontbyt of ligte middagete.
Foto by Adel Ferreira Photography vir Cooking from the heart.