by Heleen Meyer | Aug 24, 2020 | Mains, Meat
Boontjiesop is pure Suid-Afrikaanse kos. ’n Stomende bakkie sop vir die winter is genoeg om hart en siel (en jou maag) te vul. Dit verg so bietjie beplanning om die boontjies eers te week, maar die geurigheid van die sop is absoluut die moeite werd. Dis ’n eenvoudige kombinasie van bekende bestanddele, ‘n maaltyd op sy eie en regtig vullend.
by Heleen Meyer | Jun 4, 2019 | Mains
Ons is almal lief vir warm koesterkos en dié geurige sop is altyd ’n wenner. Dis ’n maaltyd-in-een met vleis, groente en die aromatiese geure van tamatie, paprika en gemaalde komyn. Maak dit vir ’n heerlike gesinsete of nooi vriende vir ’n gesellige winterkuier. Dit gaan ’n nuwe gunsteling word – ek waarborg jou.
by Heleen Meyer | Jul 6, 2018 | Mains
otterskorsiesop is seker een van die bekendste sopresepte. Die manier waarop dit gemaak word, is ook ideaal vir ’n verskeidenheid van ander verpulpte groentesoppe. Blomkool is geen uitsondering nie en met die kombinasie van appels en komyn as geurmiddel, is dit baie interessant. Die sop is baie maklik om te maak en as jy dit dan met ’n geposjeerde eier en avokado voorsit, het jy ’n volledige en voedsame ete.
by Heleen Meyer | Jun 1, 2018 | Mains
Dié hoendersop is vir my gesin ’n genotvolle koesterkos-ete en ek kan dit maar gereeld maak, want almal geniet dit elke keer. Dis ’n uitstekende voorbeeld van ’n maklike gaarmaakmetode wat bydra tot die geurigheid van die sop. Daar word nie aftreksel vir die sop gebruik nie, want die hoenderstukke word in water en geurmiddels geprut om ’n aftrekselbasis vir die sop te vorm. Die res van die bestanddele en geurmiddels is voldoende om ’n baie smaaklike ete te wees.