by Heleen Meyer | Dec 15, 2020 | Extras, Sauces
’n Vinaigrette kan selfs as ‘marinade’ gebruik word. Enige van die twee weergawes is heerlik om hoender, vis of groente mee te meng en dan te rooster. Die resep maak genoeg vir meer as een ete, so hou die res in die yskas vir tot ’n week.
by Heleen Meyer | Dec 17, 2018 | Light meals, Salad as a side, Sides & salads
Slaai het deesdae ’n heeltemal nuwe betekenis en hoef lankal nie meer net blaarslaai met komkommer, tamatie en wortelrepies te wees nie. Slaaie kan ’n ete op hul eie wees of die fokuspunt van ’n eenvoudige ete. Wissel soms die bestanddele af vir ’n vinnige nuwe idee. Vrugte is ’n wonderlike bestanddeel in ’n slaai en saam met ’n paar ander vars elemente is hierdie ’n delikate, maar besondere smaaksensasie.