
Oondgebakte vis in geurige tamatiesous
Vars vis is altyd my eerste keuse as dit by vis kom, maar as dit nie beskikbaar is nie, is daar wonderlike en maklike etes wat met gevriesde vis gemaak kan word. In dié resep word porsies vis in ’n tuisgemaakte tamatiesous in die oond gebak en daar is geen ander geurmiddels nodig nie – koningskos.